Ons praat met

Cindy Nell-Roberts – Rolmodel soos SA se eie Hannah Montana

Hoe het dit gebeur dat jy as beoordelaar gekies is vir die Hannah Montana Style-kompetisie?
Disney International het iemand gesoek wat tweens en tieners as rolmodel beskou. Iemand plaaslik, soos Hannah Montana. En toe is ek uit een van vyf SA glansvroue aangewys. Disney International het gedink daar is baie raakpunte tussen my en Hannah. Sy het ‘n gesonde beeld: dra mooi rokkies, het mooi hare en ‘n mooi lyf. Sy is nie annoreksies maer nie en gebruik nie dwelms nie. Ek dink ook nie dis nodig om lady Gaga te wees om cool te wees nie. Baie jongmense deesdae – ook oorsee – dra armbandjies no sex before marriage – en dit gaan saam met daardie gesonde beeld. Ek is baie gevly dat ek aangewys is om dié kompetisie te beoordeel en ook bietjie senuweeagtig. Maar dis nogal ‘n groot taak om ‘n wen T-hemp uit al die kreatiewe inskrywings te kies. Daar is al baie goeie inskrywings.

Hoe gaan jy besluit wie is die wenner?
Ek soek iets wat besig is, met baie elemente. Hannah Montana is loud, nie klinies nie. Ek soek baie kringe en prentjies van Hannah. Kleur. Amper soos daai plakboeke toe ons kinders was en als oormekaar geplak het. ‘n Montage met graffiti-elemente. Iets wat gaan uitspring. Dis wonderlik opvoedkundig vir die kinders. ‘n Baie kreatiewe, oulike program wat die kinders lekker laat speel.

Hoe werk die Hannah Montana Style-kompetisie?

Kinders tussen 8 en 16 jaar oud kan inskryf en moet inskryf op www.disneychannel.co.za
T-hemp-ontwerpe van Hannah Montana Style-kompetisie

Hulle moet ‘n T-hemp op die webtuiste ontwerp deur middel van ‘n spesiale kreatiewe program ontwerp deur Disney en dit dan per e-pos stuur.

Soortgelyke kompetisies word elders in die wêreld ook aangebied. Dit het verlede week afgeskop en duur nog tot die einde van die maand.

Wat dink jy van Hannah Montana?
Ek dink sy is ‘n reuse brand. Baie suksesvol en twee-dimensioneel. Aan die een kant die sexy rock-chick. Aan die ander kant effe konserwatief. Nie iemand wat kaal sal poseer en sal rook en drink nie. Sy is plat-op-die-aarde en werk hard. Iemand na wie ander kan opkyk.

Wat wen die kind wat die wen-T-hemp ontwerp?
‘n Reis na Los Angeles met ‘n ouer/voog en ‘n make-over saam met Hannah Montana se persoonlike stilis en boonop ‘n reis na Disneyland. Dalk ontmoet hulle selfs vir Hannah Montana, maar dis nog nie seker nie. Ek gaan ongelukkig nie saam nie. Die hele make-over word ook verfilm en op Disney Channel uitgesaai. Dit is baie gewild hier. Baie ouers, veral Christene, stel hul kinders graag daaraan bloot omdat dit nie gewelddadige cartoons beeldsend nie. So die wenners gaan kitsroem verwerf.

Aan watter groot projekte werk jy nog?
‘n Soort ”Top Billing” van sport. Ek en Elana Afrika gaan aanbieders wees van die Woza lunchtime show op Supersport, wat gaan oor die Fifa Wêreldbeker-sokkertoernooi. Alles wat agter die skerms gebeur. Ek is ‘n tipiese Suid-Afrikaanse meisie wat mal is oor rugby, maar nou begin ek meer blootstelling aan sokker kry en kyk dit ook meer gereeld. Ek is baie opgewonde oor dié geleentheid.

Is dit nog lekker om getroud te wees?
Ons is vandag (20 Maart) 1 jaar getroud. Kan jy dit glo?Voel nog soos twee weke. Ons geniet mekaar nog baie en het nog nie begin dink aan babas kry nie. Die oomblik as dit gebeur, verander ‘n mens se lewe radikaal. Maar ons wíl eendag hope kinders hê. My man, Clive Roberts, en ek wil nog baie reis. Ons doen ook besigheid saam en behartig verskeie grimeerreekse van my.

  • GdMrng kugtqtefcjco, [url=http://agazufkkotve.com/]agazufkkotve[/url], [link=http://xoircuyraxfx.com/]xoircuyraxfx[/link], http://cdlasvztrucj.com/