binne1
Ons praat met

7de Laan se Clara wys haar liefde

7de Laan se Clara (Angelique Gerber) is tans betrokke by Celebs against child abuse, die Nelson Mandela-fonds 46664, Pathways vir gestremde kinders en saans sit sy nog voor die boeke ook vir haar honneursgraad in Sielkunde deur UNISA. Sy’t tyd afgeknyp om te gesels oor geloof, ‘n dag in haar lewe en 3 dinge wat elke meisie moet hê.

Almal is mal oor jou karakter, Clara, in 7de Laan. Hoekom so?
Mense hou van iemand wat anders is as die gewone. En Clara is presies dit, sy is so buitensporig anders, ‘n mens kan nie anders as om haar raak te sien nie!

Alhoewel jou pa Italiaans is, is jy tog eintlik eg Afrikaans. Wat sal jy sê maak Suid-Afrikaanse meisies so besonders teenoor oorsese meisies?
Ek dink ons meisies is verseker mooier, en ek glo ons het nog respek vir onsself en laat die man die jagter wees! Ons is ook geseënd om in ‘n land te woon waar waardes en familie nog belangrik is.

Jy staan met jou voete vas op die aarde, is gereeld betrokke by liefdadigheidsgeleenthede en -organisasies en is passievol oor mense. Het jou geloof iets daarmee te make?

Verseker! Jesus het my so geseën, ek wil met my hele wese teruggee en vir ander mense van die liefde en vrede gee wat ek ontvang het toe ek Jesus aangeneem het as my redder. My talent is acting, maar my doel is om God se mense aan te raak.

Wat beur jou op in die lewe?
My mamma, my kêrel en my kerk.

Vertel ons hoe lyk ‘n dag in die lewe van Angelique Gerber?

5:30 vm is ek in die gym, dan 7:15 vm is ek by die werk vir ontbyt en 7:30 vm begin ons tonele vir die dag repeteer. Ons het ook dialoog-afrigting deur die dag asook hare en grimering 2 ure voor jou toneel. Daarna het ek gewoonlik ‘n funksie aan, of ek en my vriendinne geniet soesji, of ek gaan huis toe vir ‘n rustige aand met my sielkunde-boeke.

Wat is jou inspirasie?
Mense wat min het, maar tog nog lag en ware joy het!

Watter 3 items moet elke meisie hê?
Goeie gesigroom, lip gloss en ‘n GHD!

Wat is jou boodskap aan vroue?

Net die Here kan daai leemte in jou hart vul, geen verhouding, werk of selfs sukses kan dit doen nie. Wees goed vir jou lyf, oefen, drink water, eet vrugte en slaap! Omring jou met positiewe mense en ware vriendinne. Wees lief vir jou ma en waardeer haar, niemand gaan ooit weer so lief wees vir jou soos sy nie. En jy is die mooiste van al God se skeppings.

Angelique en haar kêrel, Ben-G van Niekerk

Angelique en Ben-G Angelique en Ben-G
Ben-G  
 


  • Magdaleen

    Jy is my idol. Jy is my grootste inspirasie. Ek het so geeerd gevoel om jou artikel in die Sarie te lees. Ek het my ma het emmers vol trane gestort. Jy is so great as die wêreld net uit mense soos jy bestaan het sou ons ‘n veel beter wêreld gehad het. Jy is die wêreld se tweede Lady Diane. Sy was pragtig maar jy is net soveel meer spesiaal. Geen wonder jou naam is Angelique nie, want jy is voorwaar Engel uit die hemel. Ek kan maar net droom om ooit so te wees soos jy is. Jy gaan nog baie hoe hoogtes bereik

  • Willem

    Hi Angelique
    Geniet jou vreeslik op tv . Jy is pragtig. As ek net so 20 jaar jonger was, het jy wratig nie ontsnap nie. Kyk mooi na jouself. Mag jou roete ‘n buitengewone suksesvolle een wees. Die Here gaan vir jou nog baie deure oopmaak. Jou hele gesiggie straal van liefde. Ek plaas jou op die hoogste berg sodat God jou kan seen. Jy het werklik my hart aangeraak. Pas jouself mooi op. baie liefde

  • ADRI

    Clara is pragtig. Ons love 7de laan. Meeste van die akteurs is briljant , maar Clara staan uit bo al die akteurs.

    Ons is uit ons velle om te sien dat sy bo op dit nog Afrikaans leer praat het. Sy straal ‘n baie positiewe , warm beeld uit.
    Elke aand wag ons in afwagting. Clara is soos ‘n kosbare diamant. LOVE U!!!!!!!!! Clara!eN NATUURLIK IS CLARA DIE HEEL MOOISTE

  • Charl

    Hi Clara
    7de laan is great. Ek weet van jou maar ek kan glad nie dink dat alles so goed was in 7de laan soos nou nie. Die Here het jou so geseen as ons begin praat kan ons nie uitgepraat raak oor jou nie.
    Creed se liedjie het net toevallig nou begin speel, en het ek toevallig aan jou gedink en besluit om vir jou te skryf. Ek weet waneer ek lief is vir iemand. Clara jy straal net liefde uit hoe kry jy dit reg?
    Dit is maklik om te weet of jy lief is vir iemand; voor jy gaan slaap is daardie persoon in jou gedagtes as jy opstaan is daardie persoon in jou gedagtes as jy bid is daardie persoon in jou gedagtes en it takes only a minute to get a crush on someone, an hour to like someone and a day to love someone!
    Ek is so lief is jou. Ek wens jy kan na my hart luister. My hart hart klop net altyd die waarheid! Die waarheid is ek het ‘crush’ op jou.
    I’m going to set you free with tears in my eyes and a heart which feels like it will never heal, but when you come back to me you better be mine for ever!!!
    Ek is baie lief vir jou Clara! YOU’RE SIMPLY THE BEST!!!

    Jou grootste bewonderaar!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • Christelle van Staden

    Jy is ‘n baie oulike aktrise ja! Doen so voort ja!

  • Jolie

    Sjoe, Clara is pragtig, en n inspirasie, wens meer mense kan so oop en eerlik praat oor die dinge waarin hul glo, en lief voor is, , Clara helder die verhoog op, met haar sonskyn persoonlikheid,

    gee somer vir haar n bos daisies

  • widaad

    Clara is net die snaakste. Moet nooit uit gaan noe

  • widaad mosoval

    Clara is net die mooiste en onskuldige meisie. Hoop sy en bernard eindig op met mekaar.

  • Rita Nightingale

    Angelique is so mooi, binne en buite! Dit was so spesiaal om haar in regte lewe te ontmoet. Elke keer as ‘n ouer persoon vir ‘n foto gekom het,( by 7de laan basaar) het sy opgestaan sodat hulle kon sit. Sy het elke klein kindjie omhels en toe gegooi met liefde asof hulle familie is. Die mooiste was die liefde tussen haar en haar ma. Mag God hierdie juweel seën en ons nog vir lank seën met haar glansperoonlikheid op TV.

  • Ruben

    Clara, WOW Girl jy is net te goed om waar te wees. Jy het regtig ons almal se harte gesteel. Ons hou baie van al die karakters, maar jammer “you may my girl and you are our most favourable actress”

    Jy maak 7de Laan. Jy is ‘n besonder pragtige meisie. Wens net dat jou storielyne groter kan wees. Asseblief Mnr Danie Odendaal gebuik Clara meer.

  • lINDA

    Hi Clara

    Ek is in standerd 5 in Laerskool Sundra.

    Ek is mal oor jou en jy is my en my maatjies se super hero. Jy is pragtig. Ons kan nie glo jy is ‘n Afrikaner nie. Ons het gedink jy kom regtig van Romenie af. My beste maatjie het jou inligting op 7de Laan se webtuiste gelees. Nou weet ons die aksent is maar net deel van jou rol. My ma sê jy is “brilliant”

    Ons kan nie wag dat jy saans op die kassie kom nie. Ek en my maatjies kry jou so jammer en is net hartseer, omdat jy saans vir so ‘n klein rukkie op die tv kom.

    Love u Clara. Jy is amazing

  • dawie

    Super hero.!!!!!!! Clara, meisiekind, besef jy hoeveel talent het jy? Hoe gelukkig kan jy wees. Dan is jy nog ‘n stunning girl ok. 7de Laan moet jou net nooit deur hulle vingers laat glip nie. Jy het die wind uit ons seile geslaan. JY is ‘n born STAR!!!!!!!!!!!!!!! WELL DONE GIRL!!!!!!!!!!!!!!

  • Henna

    Angelique, wat kan ek sê, jy het nie die stampe en stote van die lewe jou laat onder kry nie. Nadat ek jou artikel gelees het, sien ek soveel van myself in jou. Ken ook die gevoel van die afwesigheid van n Vader figuur. Het ook die droom van n ster wees, en om vir ander te kan doen. En wel, hier is jy, al kon ek nie my drome uitleef nie,is jy daar. Dankie vir die inspirasie wat jy vir my en my dogter is. En ek stem met jou saam – n Ma se liefde ken geen perke nie – niemand kan jou ooit so onvoorwaardelik lief hê, soos n Moeder nie. Jy is n apsolute sonskyn kind. Angelique, jy is dit wat God laat terug sit en sê "Well done". Lief jou.