Ons praat met

Clara in 7de Laan

Die 26-jarige eks-dramastudent Angelique Gerber speel die rol van Clara in 7de laan – met oorgawe.

Waar het jy die “Russiese” aksent geleer?
Ek was in die biblioteek toe ek hoor ek moet ‘n oudisie doen en die karakter het ‘n Russiese aksent. Gelukkig het iemand wat daar werk my vertel hulle het CD’s waarmee jy die aksent kan leer. Ek het dit dadelik gedoen. My tyd in Londen het my ook baie geleer, daar is soveel verskillende kulture.

En die “ja” wat sy so aan die einde van ‘n sin sê?
Ek hoor dit dikwels, ja. Mense sê gereeld vir my “Clara, ja”.

Het jy dit self uitgedink?
Dit was in die teks.

Hoekom van alle dinge is sy ‘n Roemeniër?
Ek weet nie. Dis so ‘n agter-die-Ystergordyn-storie, jy weet? Hulle wou graag iets komies doen, die
vreeslik naïewe, onskuldige ding.

Was jy al self in Rusland of Roemenië?
Nog nie. Dit sou my baie help.

Wat gaan van Clara word?
Haar grammar gaan verbeter.

So sy gaan nie vir die volgende 20 jaar “ja” sê nie?
Danie Odendaal-hulle gaan sorg dat sy leer om beter te praat.

Hou net asseblief die “ja”.
Ja-nee. Dis haar handelsmerk. So nou en dan sal dit oulik wees.

Wie het volgens jou die lekkerste rol in 7de Laan?
Gita (Jo da Silva).

  • Judith Vermeulen

    Sy is te oulik.

  • Loyanke

    Ons geniet haar baie sonder haar gaan die laan leeg wees.

  • t8ROIN jrpgpnmffxto, [url=http://etwozvoetltq.com/]etwozvoetltq[/url], [link=http://sfldekbzhuyt.com/]sfldekbzhuyt[/link], http://fwraguggyxli.com/

  • sandra jonathan

    Clara is die beste, maar die die floozie klop haar uit.

  • Julie Botha

    Ek geniet haar spel in 7de Laan en dink sys baie qute en natuurlik en laat my lekker lag.

  • Jaco Jacobs

    You rock the planet that rocks the world, Jy is te oulik vir woorde!!! Keep up the good work!!!!