sr0905sielsdingecoenie
Ons praat met

Coenie de Villiers se gunstelinge

Coenie de Villiers, die gesig van die gewilde TV-program Kwêla, het pas saam met kykNET hul 10de verjaardag gevier. Hy deel sy 10 gunstelinge met sarie.com

Ek is mal oor …

  • My mooi Griekse vrou, wat ná 30 jaar nog steeds my hart se punt bly
  • My kinders, wat betekenis gee aan my opstaan elke dag
  • My sportmotor, wat veral naweke met die kap af my lewe opkikker
  • My vleuelklavier, wat klank gee aan die liedjies wat ek skryf
  • My vulpen - die een ding wat darem nie digitaal is nie!
  • My eikeboom in ons agtertuin waar ons in die somer braaivleis eet
  • My honde: ‘n dierbare Rottweiler, ‘n lelike skaaphond van die DBV, en ‘n mopshond (pug) wat niemand kan weerstaan nie
  • My stukkie eiland op Ciprus waar ek hoop om eendag meer tyd te kan bestee
  • My boeke, wat oorloop uit elke kas en rak en waarsonder ek nie kan nie
  • My geloof in ons land en sy mense – die groot rede waarom ‘n mens hier bly

Coenie se album Weerlig oor die see het ook Album van die Jaar by vanjaar se Vonk-toekennings gewen.
Bestel Weerlig oor die see by Kalahari.net
Bestel nog CD’s van Coenie de Villiers

Kyk die video van Pie Jesu, gesing deur Coenie de Villiers, Chris Chameleon en Jannie du Toit.

  • Rene van Wyngaarden

    Drie fenomile kunstenaars. ek is van mening dat almal en alles verby sal wees, maar nie die drie nie!

  • madeleen

    Dis verby puik!!!!!!!!!!!!!! Ek sal heeldag na die liedjie kan luister.

  • http://eyibvwfonflg.com/ xkqvudfdqr

    81E4sh vidystyhhmvl, [url=http://hvwqtzfcrdyv.com/]hvwqtzfcrdyv[/url], [link=http://ylwwqgyzanmt.com/]ylwwqgyzanmt[/link], http://lcsgwhyeiucm.com/