sr1104cover03crop1rz
Ons praat met

Corlea is ‘n nuwe mens!

“Ek moes terugkeer na my drome en ideale wat ek as klein dogtertjie gehad het, en besluite neem wat my sou help om daarby uit te kom.” Haar solo-album, Wie ek is, is die verklaring van haar onafhanklikheid. “Ek en die vervaardiger Byron Kuntz het alles self gedoen om dié album uit te reik,” vertel Corlea.

Wie ek is

Sy is so trots en gelukkig om te sien hoe dinge waaroor hulle gedroom het voor hul oë realiteit word.

Haar gunsteling-liedjie op die album is die titelsnit. “Ek was een dag vreeslik emosioneel. Ek het by die huis gekom en net my gevoelens neergeskryf en dit het later Wie ek is geword.” Sy bieg dat sy nie gewoonlik so maklik liedjies skryf nie, en dat dit eintlik ongelooflik is dat haar gedagtes van daardie aand net so gebruik is toe hulle dié liedjie opgeneem het.

“Die album is anders as my vorige werk [as deel van die Lieflinge]. Daar is verskeie genres soos pop, rock, country en selfs ’n Turkse liedjie op die album. Ek geniet die verskeidenheid en ek dink mense gaan daarvan hou om my nie net in een styl te hoor sing nie,” gesels Corlea.

Die musiekvideo van Wie ek is word Saterdagaand 15 Oktober 2011 op DKNT, Kanaal 111 op DSTV, vrygestel.

Van Corlea se groot hoogtepunte vanjaar was om drie duette saam met topkunstenaars op te neem.  Die eerste is Word, saam met Steve Hofmeyr op sy nuwe album, Haloda. Die ander twee is Dis waar liefde is, saam met Brandon October, en Ek mis jou elke dag ’n bietjie meer saam met die Italiaanse sanger, Patrizio. Albei dié albums verskyn eersdaags.

Ander opwindende nuus is dat Corlea en Byron Kuntz, haar vervaardiger, nou aan die werk is aan ’n eenvrou-vertoning vir 2012.

Kyk hier die video van Corlea en Brandon October: Dis waar liefde is

  • Karin

    Sy lyk en klink amazing

  • freda ferreira

    Sy is ‘n sterk vrou met ‘n ongelooflike stem. Ek wens haar net die beste toe. Sy moes lankal op haar eie gegaan het.

  • Susan

    Sy bly Pragtig!

  • Skye

    Corlea – jy lyk ongelooflik goed..Mag ons asseblief die resep kry vir jou gewigsverlies…Keep it going en sterkte met jou toekoms HOU jou kop hoog !!!

  • Magriet

    Jy lyk pragtig , en nog beter . Sterkte !!!! go for it………….

  • Liza

    Corlea al wat ek kan se is wow, jy is en lyk stunnig! Gaan definitief jou cd koop sien uit daarna! Hou so aan.

  • Susan Stigling

    Jy lyk pragtig. Wens jou alle sukses toe met jou nuwe CD.

  • judith nel

    I love you, I love you, I love you

  • Mari

    Die perd het haar af gegooi, en soos n regte vrou het sy weer op gespring. You go girl!! Sy lyk ongelooflik goed.

  • Eloise

    Corlea het een van die mooiste stemme in die bedryf. Sy is reg, dit is lekker om haar in verskillende genres te hoor sing, dit wys tot waartoe haar stem in staat is. Ek hoop sy gaan nog baie cd’s maak.

  • marcelle

    jy is n ster duisend en ek sal aanhou jou musiek koop en luister

  • WIlma Venter

    Corlea, met God se Genade, en jou vertroue in Hom, het jy weer opgestaan. Ek is so oneindig trots op jou. Jy is ‘n pragtige vrou. Voorspoed met jou nuwe solo- loopbaan.

  • Sonette van Niekerk

    Corlea, Ons het jou by skouspel gesien jy is pragtig, en sjoe jy lyk fantasties,jy het sooo baie gewig verloor, ons is baie lief vir jou.