Courteney Cox en haar eks-man David Arquette
FOTO: Gallo Images / Getty Images

Courteney Cox en haar eks-man David Arquette FOTO: Gallo Images / Getty Images

Ons praat met

Courteney Cox en David Arquette gaan skei

Die twee sê in ‘n verklaring dat die skeiding al ‘n lang pad kom, berig die People Magazine.

“Die rede vir die skeiding is om onsself en die eienskappe wat ons in ‘n lewensmaat en in ons huwelik soek beter te probeer verstaan. Ons is steeds beste vriende en verantwoordelike ouers vir ons dogter. Ons is steeds baie lief vir mekaar. Ons is vasberade om met vriendelikheid en begrip saam deur die hele proses te werk.”

“Ons is gemaklik met die perke wat ons vir mekaar in die skeiding gestel het en vra respek, begrip en liefde van ons aanhangers, familie, vriende en die media.”

David en Courteney het ‘n sesjarige dogtertjie, Coco. Hulle het in 1996 ontmoet tydens die verfilming van Scream en het drie jaar later in San Francisco getrou. Courteney het al vroeër erken dat sy en David vir berading gegaan het.

  • http://ajroigtvhrpg.com/ ucvbygyhspz

    oMnZhf muzytsazbonh, [url=http://hgjqsysejsbq.com/]hgjqsysejsbq[/url], [link=http://fkvnecllkllf.com/]fkvnecllkllf[/link], http://dgewreiugtbc.com/