robbie_2
Ons praat met

Robbie Wessels se diep kant

Die sanger en akteur Robbie Wessels se son het nog lank nie gesak nie. Die gloei! Sy derde CD, Afrika Sonsak, is pas bekendgestel. Hy het met Marguerite van Wyk gesels oor sy diep kant, reise en of hy ‘n gentleman is . . .

Het jy jou nuwe CD se naam self uitgedink?
Ja, dis die naam van die derdelaaste liedjie op die CD (met veertien snitte) wat ek geskryf het. Ná ek teruggekom het van ‘n twee maande lange werk- en vakansiereis na België, Nederland en Engeland verlede jaar in Maart, het ek sowat vyf liedjies geskryf. Ek het, terug in Suid-Afrika, opnuut besef wat ons land so besonders maak. As ‘n mens toer deur ons land met die bussie, leer jy die land ken. Daar oorkant lyk als mos anders. Jy mis ons damme, ons koppies en heuwels. Ek het gesmag na Suid-Afrika.

Die liedjie ”Player 23” is ook op dié CD. Wat probeer jy daarmee sê?
Absoluut niks. Kyk net die advertensies, anders gaan jy dit nie verstaan nie.

Daar is ‘n lekker energie tussen jou en Zanda Traut wat kitaar in jou band speel. Het julle iets aan?
Nee. Ons het ‘n lekker chemistry. Ek het nie baie vriendinne nie en wens eintlik ek het meer. Sy is ‘n baie goeie vriendin en ons het die laaste twee jaar ‘n pad saam gestap. Sy het so ‘n lekker vibe – sy maak ons almal rustig. Dis iets wat net ‘n vrou kan regkry. Sy het ‘n soft touch op ons.

Aan watter projekte werk jy als op die oomblik?
Niks. Net ”Môre is ‘n lang dag”, die toneelstuk van Deon Opperman. Dit gaan later vanjaar na die Cultivaria-fees in die Paarl en is lekker afwisseling van my musiekdinge. Dis ‘n ernstige ding. Toe ek die eerste keer by die Innibos-fees daarmee was, het die mense iets snaaks verwag. Maar dit was nogal ‘n uitdaging om daarin te speel en toe ons dit by Oudtshoorn gedoen het, het ek dit baie geniet.

Waar kry jy jou inspirasie as vermaaklikheidskunstenaar vandaan?
Ek kry my energie so teen skemeraand, ek het nie so baie in die dag nie. Soms kry ek tye dat iets my baie inspireer en dan gaan ek on a roll en ek begin net lekker skryf. Ek kry ook lekker geskryf op die vlakte waar ek ver kan sien. Ek sukkel om te skryf in die stad. En ek hou daarvan om my horisonne te verbreed en uit my gemaksone te kom. Soos met my Nederlandse reis verlede jaar. Wanneer jy ongemaklik is en niemand ken nie, is dit asof jy op jou lekkerste begin dink.

Almal dink aan jou as die ”Leeuloop”-man, maar daar is blykbaar ‘n baie ernstige kant aan jou. Is dit so?
Ja, maar mense dink ook dis snaaks as ek dít sê. Daar’s ‘n diep kant aan my. Soms is die eerste ding wat ek wil skryf as ek gaan sit ‘n diep song. Ek het ‘n gevoel vir mooi dinge – ‘n sonopkoms of -ondergang. Ek probeer voortdurend delf in myself, op reis gaan na my binneste en groei. Ek wil aan dinge dink in die lewe wat my kan help om meer oor myself uit te vind.

Mense wat al saam met jou op shoots gewerk het vertel jy is ‘n gentleman . . .
Ek is maar skaam, maar my ma, Angeline, het my geleer hoe om vroue mooi te hanteer. Sy het gesê mens moet vroue altyd goed laat voel en sag wees met hulle, maar ek het nog nie so baie verhoudings gehad of ondervindings met vroue gehad nie.

Wat is een van die projekte waarop jy die trotsste tot nou toe in jou lewe is?
My nuwe CD. Ek is gemaklik met al die songs. Dis die real ek. Ek het al baie keer gestoei om ‘n show bymekaar te sit en gevoel ek is nie heeltemal voorbereid nie. Maar dié produksie is uitgewerk en ons het gesien mense het dit geniet, dit was afgerond en als het gewerk.

Wat wil jy nou bereik tot die einde van die jaar?
‘n Lekker toer met my CD en ‘n moontlike DVD daarvan. Maar ek dink nooit te ver vooruit nie. Neem dinge eerder maand vir maand. Ek is nie ‘n ou met vyf jaar eindbestemmings nie.

SARIE Tydskrif on Facebook
  • Rina Hough

    Robbie,ons bly in New Foundland (n eiland),Kanada…ons geniet jou musiek terdee!!Wens jy kon by ons kom kuier…soos n familielid…sommer net kuier,miskien kan jy n liedjie hier kom skryf,wanneer die sneeu knie-diep is of in die Herfs wanneer die blare rooi,geel en oranje kleur…Kom kyk hoe lyk Lente hier…kom rus by ons.Sal lekker wees!!

  • http://kcdyspmmdfiz.com/ kbrqjtcusar

    K5fl1Q tdiluzfofmnl, [url=http://ubkpsbwbpjnz.com/]ubkpsbwbpjnz[/url], [link=http://mgjfapkkqjni.com/]mgjfapkkqjni[/link], http://bostwvuuvwre.com/

  • hjrqofxq

    rSrqHz czgowdmphqhv, [url=http://vbneorxxwnrp.com/]vbneorxxwnrp[/url], [link=http://nenrcxaiqyee.com/]nenrcxaiqyee[/link], http://wmncczndqjui.com/