Ons praat met

Dagbreek-aanbieder Rozanne gesels met Fanie

Hoe vroeg moet jy opstaan vir Dagbreek?
Ek staan voor enigiemand anders op, 03:10. Ek is bang ek verslaap.

En dan moet jy saans vroeg gaan slaap.
Ek is so 21:30 in die bed.

Jy trou een van die dae, dis vroeg vir ‘n jonggetroude.
Ons gaan tyd maak.

Trou jy oorsee?
Ja, in Engeland. My ma bly al 10 jaar daar en is nou ‘n burger.

Nataniël sê as 60% van jou gaste moet reis, moet jy vir hulle betaal.
My man, Chris, is Brits en die meeste van ons gaste is gelukkig reeds daar.

‘n Europese sneeutroue dus?
Chris het drie jaar gelede in die Engelse winter vir my gaan wys waar sy kleuterskool is. Dit was sprokiesmooi en ek het net daar vir hom gesê as ons ooit trou, moet dit dáár wees.

Gaan daar bekendes op jou troue wees?
Nee, glad nie.

Buiten jy.
Oe nee, ek is glad nie bekend nie. In die vier en ’n half jaar dat ek Kwêla aanbied, is ek nog net twee keer herken. Een keer was nog laaswee toe ‘n vrou vir my sê: “Is jy nie daai meisie van Pasella nie?”

Natuurlik herken hulle jou, almal kyk kykNET!