img_2179
Ons praat met

Darren Maule uit Survivor, hy praat met SARIE

Gedink die komediant Darren Maule was ongeskik op Survivor SA bloot om vermaaklik voor die TV-kameras te wees? Van die eiland af is hy net so astrant en uitgesproke! Hy’t met Charis Labuschagne gesels.

Jy’t paranoïes begin voorkom op Survivor. Was jy?
Ek was verskriklik paranoïes. Ek hou daarvan om alleen te wees. Ek omring my gewoonlik net met my vrou en dogter. As enige ander familielede bykom, is dit nooit meer as drie op ‘n slag nie. Survivor was baie moeilik. Om gestrand te wees saam met so baie mense – en ek hou nie van die meeste van hulle nie – plus die min slaap, min kos en die malariapille wat ek moes drink … Dis nie goed vir ‘n brose gees soos myne nie. Ek was desperaat om uit te vind wat my stamlede gekonkel het, maar ek kon dit nie regkry nie. Dit het my mal gemaak!

Hoekom het jy deelgeneem as jy weet jy kom nie met mense oor die weg nie?
Goeie vraag. Om aan Survivor deel te neem is amptelik een van die top- vyf domste dinge wat ek in my lewe gedoen het. Ek’s ‘n Survivor-aanhanger en ek het gedink dit kan nie vreeslik moeilik wees om deel te neem nie; ek sal dit kan doen. Wel, ek kan nie. Ek het dit op die harde manier uitgevind.

Was daar enigiemand in jou stam met wie jy wel oor die weg gekom het?
Ja, met Louw, hoewel dit nie op TV so lyk nie. Die ander mense met wie ek oor die weg gekom het, soos Gys, Hanna en Sade, was in die ander stam. Toe sit ek met mense soos Kas. Ek kon hom nie verduur nie. Hy het tot in die oggendure nonsens gepraat oor hoe goed sy grappies is. Ek wou vir hom sê moenie sulke

dom goed in my gesig sê nie. Proverb het die heeltyd oor hip hop, sy ma en ouma gepraat. Hy’s oulik. Dit is hoekom hy goed gevaar het, maar sodra die son opkom, het hy nie met enigiets gehelp nie. Sandy het die heeltyd armbande met blomme gemaak. Toe ek haar nader vir ‘n alliansie, het sy gesê sy wil nie die boot skud nie. Wat? Survivor gaan dan daaroor om die boot te skud!

Jou stamlede was geïrriteerd met jou.
Ek is trots dat ek gesê het hoe ek gevoel het. Ek was eerlik. Ek het besluit ek gaan nie my persoonlikheid waaraan ek al 37 jaar werk, opoffer nie. As jy nie gelukkig is daarmee nie, kry ‘n ander eiland! Ek dink as ek meer tegemoetkomend was, sou ek my sinne vroeër verloor het. Dis hoekom ek ‘n komediant is: As iemand iets doms of snaaks sê, gebruik ek dit nog dieselfde aand in my optrede en sê presies hoe ek daaroor voel. Ek kan nie opkrop nie.

Om aan Survivor deel te neem is amptelik een van die top- vyf domste dinge wat ek in my lewe gedoen het. - Darren Maule

As jy nou terugkyk, wat sou jy anders gedoen het?
Ek sal myself nooit weer saam met ‘n klomp vreemde mense op ‘n eiland sit nie! Ek moet erken, ek was nie aangenaam nie. Ek sou minder so gewees het.

Hoekom is jy so?
Dis deel van my persoonlikheid. Ek hou nie van die mensdom nie. Dis maar eers die afgelope twee jaar dat ek van sommige mense begin hou. Ek het in ‘n wanfunksionele gesin grootgeword. Ek was in die kosskool; ek het dit gehaat. Toe is ek weermag toe; ek het dit ook gehaat. Op die ou end het ek mure om my gebou, wat dit onmoontlik maak om enige emosionele konneksie met mense te hê. Ek is besig om die mure af te breek. My vrou help my baie daarmee. Sy’s ‘n sosiale vlinder.

Was die mense jou grootste uitdaging op die eiland?
Definitief. Dit was heerlik om een aand op Exile Island te wees. Dis maklik om net na jouself om te sien, maar die oomblik as jy deel is van ‘n gemeenskap van 7 is dit soos 7 op die Richterskaal. Die hongerpyne, my koorsblare en die hitte was maklik in vergelyking daarmee.

Was jy spyt om afgestem te word?
Dit was ‘n goeie ding, anders sou ek iemand geslaan het. Toe Jub Jub aan die begin die bietjie skoon

Ek is, maar as iemand my

R1 miljoen op ‘n skinkbord aanbied om weer vir twee weke op daai eiland te bly, sal ek sê: ‘Is jy mal?’ – Darren

water wat ons gehad het oor hom gegooi het omdat hy sweterig was, was ek woedend. Ek het vir een van die kameramanne gevra wat sal gebeur as ek hom net een keer op sy mond slaan. Hy’t net sy kop geskud, toe los ek dit maar. Dit was teen dag drie. Jy kan dink dat ek na sowat twee weke kranksinnig was.

Is jy trots omdat jy so lank kon uithou?
Ek is, maar as iemand my R1 miljoen op ‘n skinkbord aanbied om weer vir twee weke op daai eiland te bly, sal ek sê: ‘Is jy mal?’ Die een goeie ding is dat Survivor my gehelp het om op te hou rook. Ek het vir 22 jaar gerook en het alles probeer om op te hou: hipnoterapie, nikotien-pleisters… Ná ek nie op die eiland kon rook nie, het ek nog nie weer ‘n sigaret naby my mond gehad nie. Dís beter as om die geld te wen.

Jy was blykbaar nie vreeslik skoon nie?
Dis seker Lady Lea wat dit gesê het? Dis moeilik om jouself skoon te hou sonder enige vars water. En ja, my hande was vuil… omdat ek die aangebrande pot skoongemaak het. Ek het my naels teen ‘n growwe stuk rots kort gevyl sodat ek die vuilheid onder my naels makliker kon skoonmaak. Wat moes ek doen? ‘n Walvis gaan vang en slag en sy vet gebruik om seep mee te maak?

Jy’t aan die einde hard probeer om alliansies te vorm, maar dit het nie gewerk nie. Hoe voel jy daaroor?
Ek kon Kas en Pro, met wie ek ‘n alliansie probeer vorm het, se domheid nie verstaan nie. Ek wed jou, hulle is nie die laaste twee wat moontlik die geld kan wen nie. As hulle saam met my ‘n alliansie gevorm het, kon hulle daar gewees het. Ek kan nie wag vir die Survivor-reünie nie. Ek wil vir hulle vra: ‘Hoe voel julle nou? Wow, julle het R1 miljoen verloor. Alles te danke aan julle domheid!’

  • Nadine

    Darren jy wen die prys vir die mees ‘entertaining’ speler – nou’s daar net ‘n klomp vervelige mense in jou tribe oor!

  • Leila

    Darren-ek het jou jammer gekry op survivor! Ek hou ook nie van mense nie!!! ek weet hoe jy voel, ek bou ook mure!

  • Yolani

    Het Darren gelove, hy was baie entertaining. Ashleigh moet gaan.