eden_newcover
Ons praat met

Die einde van Eden?

Hulle is die mees populêre popgroep in SA en tree al vir meer as 10 jaar saam op.

Volgens Paulo Avenzo beteken dit nie dat die groep opbreek nie. “Ons wil almal net vir ‘n rukkie fokus op ’n paar ander projekte vir die res van die jaarOns gaan almal verras met ’n paar groter optredes aan die einde van hierdie jaar en begin volgende jaar.”

Jay se album, SOLO is onlangs uitgereik en dit het reeds amper platinum status bereik. SOLO is ook al vir vyf weke nommer 1 op DKNT.

 “Ek en Johan het saam met Jay besluit dat dit tyd is dat hy sy solo-album moet uitbring.  Johan het die song ‘Melanie’ geskryf” sê Azevedo.

Maar darem is daar iets om na uit te sien na die stil maande, hulle gaan in aanstaande jaar ’n nuwe album opneem. So die einde van Eden is dit nie.