5848_259383665297_14155030297_8648324_2098859_n
Ons praat met

Die Heuwels Fantasties oor Lady Gaga en hul nuwe Deluxe-album


Wat was julle inspirasie vir die Deluxe-album, “Lekker luister liedjies vir die langpad”?
Ons het ‘n musiekvideo vir elke song gemaak en wil graag hê die mense moet dit kan kyk so op ‘n streep. Daar’s so baie collaborations wat gedoen is wat vir mense moeilik is om in die hande te kry, so hierdie was ‘n perfekte manier om als bymekaar te sit en maklik beskikbaar te maak.

Daar is 13 musiekvideo’s op die ekstra DVD. Wat kan ons van die nuwe liedjies op die album verwag? Is daar enigiets spesifieks wat julle anders gedoen het met die nuwe liedjies?
Nee wat, ons het net gedoen wat ons altyd doen en dis presies waarvoor ons lus was. Twee wat vir my uitstaan, is ons treffer saam met Thieve, “Way to Go”. Hulle is saam met ons by ons platemaatskappy Supra Familias, en om ‘n lied in Engels en Afrikaans te gemaak het met soveel aanhang is baie spesiaal. Ook die “cover” van die fpk-liedjie “ek dink aan jou (as dit reën)” was baie lekker siende dat ons almal in
die band die song love en dit in ‘n ander lig wou stel… watch this space!

Wat dink julle van popsensasie Lady Gaga?

Hunter: Ek dink sy’s goed, maar ek luister nie na haar musiek nie. Ek besit die album snaaks genoeg.
Pierre
: Ek dink sy is ‘n verskriklike goeie liedjieskrywer en rolmodel!

Deluxe-album

 

Wat is julle boodskap aan julle aanhangers en wat is dit wat julle met julle musiek graag wil oordra?
Dis nie so spesifiek nie. Ons sing oor heimweë en verlore liefde. Kindwees. Ek dink baie mense voel daai tipe van emosie.

Pierre
: “Ek dink die boodskap as daar een is…is dat as jy jou eie boodskap en betekenis waaraan jy kan waarde heg in ons musiek vir jouself kan vind dan sal ons vreugde vind en voel ons het geslaag in wat ons probeer doen het!”

Wie skryf die meeste van julle liedjies?
Pierre, Hunter en Fred doen op die oomblik meeste van die liedjieskryfwerk dan sit Philter sy killer beats by en op die ou end doen Johnny de Ridder die finale vervaardiging en vermenging… en siedaar!

Wat is die proses om ‘n album uit te bring?
Skryf die mooiste liedjies wat jy kan, neem hulle op, vermeng hulle mooi, dink aan hoe jy dit aan die gehoor wil voorstel en hardloop daarmee!

Watter local bands inspireer julle?
Hunter:
KIDOFDOOM

Pierre:
Mango Groove, Coenie de Villiers, Lucas Maree…

En internasionaal?
Mumford and Sons, Sleighbells, Bruce Springsteen.

As julle nou elkeen een ding moet sê waarna julle kyk in ‘n meisie, wat is dit?
Hunter:
‘n Sin vir humor! Haha!
Pierre: 
‘n Lekker vibe.

As jy vir ‘n dag iemand anders sou kon wees, wie sou jy wil wees?
Jay-Z.

Enige raad vir aspirerende musikante of bands?
Hou aan aanhou en dink lank oor wat dit is in die musiek wat jou maak, wat jou uniek maak aan die gehoor… dis prioriteit no. 1! Gooi.

**Die Heuwels Fantasties se nuwe Deluxe-album sal teen November beskikbaar wees. Besoek hul Facebook-blad




  • http://itbahlsmblvw.com/ mvsjdzsmgq

    rzHIFe rulnudaqwrjd, [url=http://xbgkfmcmdbql.com/]xbgkfmcmdbql[/url], [link=http://rfrhakipigpl.com/]rfrhakipigpl[/link], http://njwrksxihswk.com/