Ons praat met

Die nuutste van Survivor SA Maldives: Wie is gisteraand uitgestem?

Hoekom het jy gedink jy sou goed vaar in Survivor?
Ek is nogal slim en skerp. Ek kom goed met mense oor die weg, ek dink logies en is prakties. Ek het gehoop dit sou my deurdra.

Maar toe kies jou stam om die deelnemers te hou wat fisiek sterk is?
Hulle kon nie die groter prentjie sien nie. Survivor gaan nie net oor fisieke krag nie, dit gaan ook oor breinkrag. Hulle het nie verder gedink nie. Wat as die volgende uitdaging ’n mental uitdaging is?

Jou alliansie met Vanessa en Roxy het nie uitgewerk nie. Vanessa het prontuit erken die alliansie werk nie meer in haar guns nie – dit was nogal verrassend.

 Dis Survivor: Alliances are made to be broken. Ek het Vanessa se eerlikheid waardeer. Ek dink ook dit is ’n goeie strategie. Omdat sy nou so eerlik is, gaan die ander stamlede dink sy is die laaste een om te konkel.

Jou gesigsuitdrukking tydens die tribal council het boekdele gespreek toe Jacques sê hy het geen vet wat sy lyf vir energie kan verbrand nie.

Ek het net gedink ‘jy moes daaraan gedink het voordat jy eiland toe gekom het’.  My vet kon ons stam gehelp het!

Het die plebs met sterre in hul oë na die celebs gekyk toe hulle saam in ’n stam ingedeel is?

Glad nie. Ek weet nie of die celebs in die toekoms gaan dink hulle is beter as die plebs nie. Dít kan ek sê: moenie die plebs onderskat nie. Hulle speel die game.  


Philicity verklap:

Wie gaan nie sien hulle word in die rug gesteek nie? Vanessa. Ek dink nie sy gaan agterkom wanneer daar gekonkel word nie. Hykie ook. Hy speel oop kaarte en loop met sy emosies op sy mou.

Wie gaan die rol van voorsiener aanneem? Vanessa en Simon. Jacques is te honger om veel te doen. Ek vermoed hy gaan die ander stamlede irriteer omdat hy te veel kla oor hy nie eet nie.

Wie se trane gaan rol? Roxy. Dit kan in haar guns tel. As sy lank genoeg huil, kan haar ander stamlede dalk voel hulle wil haar onder hul vlerk neem.