Ons praat met

Die sepiesterre wat julle die meeste mis

  • Elsa du Plessis (Egoli)  7.9%
  • Wilmien de Lange (7de Laan)  35.6%
  • Tim Vorster (Egoli)  2.5%
  • George Kyriakis (7de Laan)  38.1%
  • Gregory Mitchell (Egoli)  5%
  • Madel Terblanche (7de Laan)  10.9%

Wilmien de Lange en George Kyriakis (beide van 7de Laan) was tops met onderskeidelik 38.1% en 35.6%. En bra min van julle mis vir Tim Vorster en Gregory Mitchell…

Op Facebook ons dieselfde gevra, en dís wat julle gesê het:
George en Wilmien was wéér bo! Met Malan Koster (Binnelanders), Sandra Stutterheim (7de Laan), Bart (7de Laan), Bienkie (Egoli), Dezi (7de Laan), Mitch (Egoli) en Joe (Egoli). Selfs Kimberley Logan-Voster-Schultz-Edwards (Egoli) het ‘n stem of wat gekry!

So sê julle op Facebook:

“Ja, Sandra Stutterheim kan gerus terugkom Laan toe! Sy en Gita kan aartsvyande wees.” – Christy Nel

“Wilmien, Bart, Sandra, Madel, Dezi. Só bly Paula is terug! Hoop Marko kom ook terug. En Connie.” – Heidi Wahl

“Pietie wat saam met bertie in Egoli was!” – Cindy Mac Nicol- Kapp

“7de Laan se George en Wilmien… En karakter wat Steve Hofmeyr gespeel het...Stephanie Stumke

“Al die ou waitresses van 7de Laan moet ‘n lekker reünie hou, en dan Wilmien, want ek wil graag sien hoe sy en Paula saamspeel, albei se rolle min of meer dieselfde. Dan moet Sandra die Hights kom red van Gita. Maar met regte intrige – Sandra moet haar in die rug steek.” – Petro Badenhorst

“Nog ‘n laaste bietje Mitch om oor te drool sou nice gewees het, voor Egoli klaar maak. Miskien maak hy ‘n come-back in die Egoli-movie.Marieza van Jaarsveldt

Besoek sarie.com op Facebook

 

  • hrfrjh

    aqzR1a ifpomaorzkco, [url=http://flvlylxmrzcv.com/]flvlylxmrzcv[/url], [link=http://orwtinwujslo.com/]orwtinwujslo[/link], http://qkbunxmgncpt.com/