FOTO: Facebook

FOTO: Facebook

Ons praat met

Die tweeling kry persoonlikheid + Derick oefen vir Argus

Derick Hougaard se lewe het verander toe hy en sy vrou, Karlien van Jaarsveld, in Desember hul tweeling verwelkom het. Boonop ry hy vanjaar se Cape Argus-padfietsren om hulle hul eerste groot lewensles te leer.

Derick vertel dat hy ’n ware poging aanwend om Karlien te help met die babas, aangesien daar net een van haar is en twee babas.

“Ek kan haar nie los om als alleen te doen nie, dan sal sy nooit slaap nie,” sê die rugbyster oor sy vrou en twee seuns, Daniël en Eliah, wat elke drie uur gevoed word.

Karlien se post-baba voorkoms

“Jy gee hulle kos en vryf winde uit, en teen daardie tyd is daar net ’n uur oor voordat die proses weer begin,” sê Derick, wat dit baie geniet om pop te speel met sy twee seuns, wat vandag al sewe weke oud is.

FOTO: Instagram

FOTO: Instagram

“Elkeen kry nou sy eie persoonlikheid en hulle lyk ook nie dieselfde nie. Eliah is sterk en laat ons behoorlik weet as hy honger is, maar Daniël is ’n rustige siel – hy wag tot ons hom voer. Ek besef alle nuwe ouers sê dit, maar sover is hulle régtig soet babatjies.” Pa is ook gereed om lekker met sy seuns te speel. “Ek praat hulle moed in om opstote en opsitte te doen, maar hul ma kry hulle jammer as ek dit doen,” deel hy.

Só lyk die eerste foto’s van Derick, Karlien en die kleingoed

Derick bieg die geboorte van sy kinders het hom ook met nuwe oë na Karlien laat kyk. Hy sê hy het ekstra respek vir vroue gekry, omdat swangerskap, geboorte én moederskap so ’n groot proses is.

“Karlien is sover amazing. En sy gaan ’n amazing ma wees. Die dag ná hul geboorte het sy reeds op en af geloop en haar oor hulle bekommer.” Hy voeg by dat Karlien, hoewel sy baie min slaap, steeds ’n groot lus vir die lewe het. Sy het ook vroeër die week weer begin oefen.

Derick en 'n hoogswanger Karlien verlede jaar. FOTO: Phyllis Green

Derick en ‘n hoogswanger Karlien verlede jaar. FOTO: Phyllis Green

Argus vir liefdadigheid

Derick en Karlien het reeds voor Daniël en Eliah se geboorte besluit om die tweeling se stamselle deur Cryo-Save, ’n stamselbank, te laat vries.

“Die meeste ouers sal vir jou kan sê ‘n mens sal enigiets vir jou kinders doen en dis waarom ons dié besluit geneem het,” verduidelik hy.

Intussen het sake mooi in plek geval, want Cryo-Save het Derick genader om vanjaar se Cape Argus ten bate van dié organisasie te ry.

“Dit gee my die geleentheid om my kinders eendag te leer om nie op te gee nie,” sê Derick, wat gister vir die eerste keer weer gaan oefen het ná die tweeling se geboorte.

Derick en Karlien na hul eerste 5 km-rit in 2012. FOTO: Twitter

Derick en Karlien ná hul eerste 5 km-rit in 2012. FOTO: Twitter

Derick se swaer, Bobby, oefen ook vir die Argus

“Ek is vandag so styf dat ek omtrent nie kan sit nie,” vertel hy oor die 30 km wat hy op ’n fiets in die gim deurgebring het. Hy is nou besig met ’n oefenprogram waar hy sy bene oefen en gereeld fiets moet ry.

“Ek weet nie of ek al ooit so op my senuwees was nie, maar ek sien regtig baie daarna uit. Ek dink die bulte gaan mens baie moeg maak, maar ten minste gaan dit mooi wees om rondom jou te kyk. Ek wil dit net geniet,” sê hy, en voeg grappenderwys by dat hy darem nie die babas sal hoor huil terwyl hy op die fiets is nie.

Arno Jordaan is nog ’n bekende wat die Argus vir Cryo-Save ry

“Ek het basies niks – nie ’n fiets nie, nie skoene nie … En ek oefen so min! Ek dink ek maak dit ’n groter uitdaging as wat nodig is!”

Een ding is egter seker, hoewel die tweeling se vroeë koms sy oefenplanne ietwat omver gegooi het, sal Derick sy ervaring as pa vir niks in die wêreld verruil nie.