Ons praat met

Dít het kanker vir Ryk se suster, Elsje, geleer…

Hier is van dít wat sy langs die pad geleer het:

“Rykie sê weer ek inspireer hom. Wanneer hy motivering kortkom, dink hy net aan my wat met ’n Checkerssak oor my kaal kop gaan swem het. (My kop mag nie nat geword het nie.)”

“Ek kry haar (haar jonger sussie, Jean-Marie) net jammer dat my siekte haar van jongs af aan die dood blootgestel het.”

“Dis belangrik om nederig te bly. Die wêreld skuld my niks. As jy met ’n houding rondloop van ‘ek het kanker, kry my jammer’, sal jy nie ver kom nie.”

“Die beste ding van pyn is dat jy weet jy’s nie dood nie!”

“Ek is bang vir die dood, ja, maar dis ongelooflik hoe rustig ek raak as ek vol pyn en kanker in die hospital lê. Dan is God die naaste aan my en ek aan Hom.”

“Kanker het my geleer om ander se pyn makliker aan te voel en om hul lewe aan te raak.”

“Ek pak ook uitdagings met soveel meer passie aan, want ek weet hoe dit voel om te hoor daar sal nooit meer geleenthede wees nie.”

“Ek raak opgewonde oor klein dingetjies. Soos my eerste koppie oggendkoffie, om met ons St. Bernardhondjie, Sussie, te speel, om dié mense wat ek liefhet met geskenkies te bederf.”

“Ek bêre niks, want elke dag is vir my spesiaal.”

“Aan ander kankerlyers wil ek net sê: Daar is altyd hoop. Ek het drie maande gehad om te leef, maar hier is ek op 29! Vir ewig geskend, maar met ’n spirit wat sweef.

* Lees die volledige artikel hier

HIER IS ‘N PAAR VOORBEELDE VAN HAAR KRALEWERK:

HIP*E armbande

HIP*E armband

HIP*E armband

HIP*E halsnoer

HIP*E oorbelle

HIP*E ringe

* Gaan na HIP*E om na nog ontwerpe te kyk.