sg1105gesond_cover06
Ons praat met

Dít wat jy nie van Anel Alexander geweet het nie…

5 dinge wat jy nie van Anel geweet het nie:

1. Ek’s links.

2. As kind het my gesin drie jaar lank in Tel Aviv, Israel, gewoon.

3. My nooiensvan is Flett. Dis Skots. My oupa was ’n Skot, en toe trou ek ook met een.

4.  Ek kan sing. Ek het eintlik my loopbaan as sangeres begin.

5.  Ek is mal oor leer en het ses onderskeidings in matriek gekry.

Is jy al reg vir swangerskap?
Kinders lê nie te ver in die toekoms nie. Ek en James wil graag kinders hê, want ons kom albei uit ’n baie gelukkige gesin. Ons weet ons wil geluk skep met ons eie gesin. My kop is reg daarvoor. As ons dit só kan “bestel”, sal ons oor twee jaar met ’n gesin wou begin.Twee van die vyf Afrikaanse flieks waaraan ons nou werk, moet eers klaarkom. Dan is ek 32 en my lyf reg vir ’n baba.

* In SARIE GESOND Winter 2011 vertel sy verder wat haar laat gloei!