Ons praat met

Dr Rey (Dr 90210) se geheime van “ewige jeug”

Sy kanarie-geel hemp span styf oor sy bors en beklemtoon byna elke spier – só dat dit amper die kleur van sy hemp laat verdwyn!. Met sy spierwit tande, Carribean tan en larger than life-houding stap hy die vertrek in.

Dr 90210, is hoe meeste van ons hom ken. Daardie dokter wat 20 jaar jonger lyk as wat hy werklik is, en ander met plastiese chirurgie betower. (En in die proses duisdende vrouens se knieë lam maak op sy realiteitsprogram Dr 90210 op E! Entertainment.) Dr Robert Rey van Beverly Hills was hier! In SA! En hy het iets agtergelaat…

Dr Rey se velsorgreeks is nou in Edgars-takke op eie bodem beskikbaar. Hy verduidelik: “Soos mense verskillende dele van hulle liggaam in die gimnasium oefen (arms, bene maagspiere, ens.) wat heel logies is, is dit heel natuurlik dat daar verskillende tipes sorgmiddels is vir verskillende liggaamsdele. Dr Rey se produkreeks bestaan uit ‘n gesig-velsorgreeks, liggaamsreeks, lip- en oogreeks, suurstofreeks en dan is daar ook 4 verskillende stelle waarvan jy kan kies. Sensual Solutions is meestal van natuurlike bestanddele gemaak.

Sy boodskap…

Dr Rey sê oefening moet ‘n integrale deel van ons lewens wees en dat dit noodsaaklik is om gesond te eet. “Slegs 30% van die liggaam se verouderingsproses hang van ons DNA-samestelling af. Die ander 70% is ons leefstyl en omgewingsfaktore wat vinnige veroudering veroorsaak. So, jy kan deur reg te lewe die verouderingsproses uitstel.”

Innerlike skoonheid:

“Innerlike skoonheid kan nie deur snykunde bekom word nie en dit is tog die belangrikste! Ek, wat al jare lank plastiese chirurgie beoefen, kan werklik sê: Dit maak nie saak hoe mooi jou uiterlike is nie, as jy nie van binne af straal nie sal al die plastiese chirurgie in die wêreld nie help nie. My filosofie is dat jou reputasie en wie jy is mekaar moet vind.”

Andrea Smith (SARIE, mode-assistent): “Om so ‘n groot glanspersoonlikheid in lewende lywe te ontmoet was een van die hoogtepunte in my lewe… nie net is hy die wêreldbekende  plastiese chirurg nie, maar ‘n inspirerende man ook. Sy jare ondervinding en navorsing het al die vrouens behoorlik aan sy lippe laat hang. Sy passie om gesond te leef was voorwaar inspirerend.” 

  • hyla

    Ja-nee, hrdi dr Rey lyk goed mr ook n lekker ‘laventelhaantjie’!

  • Dr 90210 fan

    Oh eks mal oor die Dr 90210 program! Mis dit vir niks! As k dit kon bekostig sal ek oor ‘n paar veranderinge deur hom laat doen LOL! Moet maar LOTTO speel en kyk