img_5152_3800
Ons praat met

Drie inspirasie-dogtertjies kies bob vir kanker

Dis die klein dingetjies wat ‘n verskil maak …

Christel Theron is nie sommer enige tienjarige nie.  Dié plaasmeisie van die Karoodorp Merweville was braaf genoeg om haar lang lokke te laat afsny vir die maak van pruike vir kankerpasiënte. En so inspireer sy toe haar maatjies.

“Verlede jaar het ‘n vrou van CHOC hier aangekom en ‘n DVD agtergelaat wat handel oor kinders wat aan kanker lei. Nadat Christel die DVD gekyk het, het sy besluit sy wil graag haar poniestert skenk vir die maak van pruike vir kanker-pasiente” vertel Suzaan Theron, Christel se ma.

Christel het besluit sy gaan dit sommer nou ‘n instelling maak, tweejaarliks of so, afhangende van hoe vinnig haar hare groei. 

Christel se hare was amper tot op haar boude en toe sy haar hare in ‘n netjiese bob knip, wou almal weet waarom?

Die antwoord het nie net bewusmaking veroorsaak in Merweville nie, maar nog 2 meisies stap ook nou met ‘n bob rond. Laré Marais (die Therons se bure se dogtertjie, ook 10) en Maria Snyman (7 jaar) het albei besluit om Christel se voorbeeld te volg.

Dit is nou ‘n wonderlike voorbeeld van die rimpel effek en net hoe ons almal kan saam staan om ‘n verskil te maak.

Suzaan sê: “Mag uit hierdie 3 dagtertjies sommer nog baie mense besluit om ook ietsie vir ander te doen…”

Christel, Maria en Lare is al drie baie lief vir diere en wanneer dit speeltyd is, speel hulle of mét die diere of hulle maak asof húlle diere is.  

Klein Christel  sê: “Jy lewe net een keer, geniet dit.”

Vir meer inligting om jou hare te skenk besoek givngain.com

Lees ook: Dis Wêreldkankerdag 

 

Maria, Christel en Lare

Die drie brawe Karoo dogtertjies.

Voor: Maria Snyman links agter: Christel Theron en regs agter: Lare Marais

Maria, Christel en Lare Bo lê Maria, in die middel, Christel en onder, Lare
Christel voor sy haar hare laat afsny het Christel Theron voor sy haar hare laat afsny het
  • Cathy Louw

    Ongelooflik!Dit vat net een saadjie om ‘n hele gemeenskap van omgee en liefde te kweek.Min het ek geweet hoe ontvanklik ‘n dogtertjie se hart kan wees vir die pyn en leiding van ander kankerkinders.God het ‘n eenvoudige vrou met ‘n passie vir kankerkinders gebruik om die boodskap tot in die Karoo te neem.Dankie Christel, Lare en Maria julle is die dierbaarste dogtertjies wat ek al ontmoet het.
    Liefde die "rooikop-kankertannie"

  • Marinda Crous

    Die liefste Christel, put baie inspirasie uit haar oulike mamma Suzaan, Pappa Andre en Boeta OJ se aanmoediging. Dit help darem altyd as GEDULDIGE MAMMAS RUSTIG hare help borsel, Haar-vriendelike sjampoe aankoop en klompe soene plak… as die lus opraak. Mooi so Christel en al die pragtige ander KAROO MEISIES en HOERA vir jul MAMMAS, PAPPAS en die res van die Ondersteunerklubs. Dankie vir jul PRAGTIGE VOORBEELDE, lekker leef en lewe en so proe proe… ons almal aanspoor om iets onbaatsugtigs aan te pak. Hoera.. vir die lewe, die liefde en die HOOP! Jul is verstommend oulik!

  • de lint

    wow! Wonderlike voorbeeld!

  • Nicholine SMit

    My ouers het jare gelede op Merweville gewoon, Johan en Kay de Kock. My kinders het daardie jare al ‘n wonderlike tyd op Merweville gehad en ons uit die stad het ‘n smakie van die wonderlike mense en kinders van Merweville gekry. So kan plattelandse kinders vir stadskinders weer bewus maak van hoe dit is om werklik die lewe vas te gryp en om te gee. Wonderlike voorbeeld, ek hoop ander kinders volg dit.