sr1109voorblad_storie_1_
Ons praat met

Dunay Darren is ‘n trotse ‘WAG’

As model en vrou van ’n superstersanger moet sy immers altyd op haar mooiste lyk. Sy is byna soos ’n handelsmerk-uitbreiding van Kurt se sukses, maar sy is ook ’n handelsmerk uit eie reg – die gesogte model Dunay Nortjé wat ook ’n honneursgraad in sielkunde het en nou wil aansoek doen
vir toelating tot ’n meestersgraad in spelterapie.

Die gonswoord WAG pas haar. Dis die term wat deur Britse poniekoerante geskep is om oorspronklik na die vroue en meisies van hoëprofiel- Engelse sokkerspelers te verwys.

Die blog wagsrag.com sê WAGs is lankal nie meer nét langs die sokkerveld te sien nie. Hulle is op
Wimbledon se hoofpaviljoen, in rugbylosies, agter die verhoë waar hul beroemde musiekmanne optree en aan die sy van skatryk sakemanne.

Sexy en o, so hot! Stylvol ook, kan altyd deur ’n ring getrek word en weet hoe om in die kollig te beweeg. Die meeste het hul eie loopbaan as model of sakevrou. Party selfs beroemder as die man in hul lewe – die super-WAGs.

Met die Wêreldbeker-rugbytoernooi wat op 9 September in Nieu-Seeland afskop, sal hierdie glansvroue op hul pos in die losies wees. En ons wil hulle daar sien. ( Jammer, manne, ons verstaan jul fokus op gebeure op die veld, maar vir ons is die belangstelling in hul WAGs ’n girly-ding. Ons wil sién wat in die losies aangaan! Dit gaan oor inspirasie en aspirasie en sommer netom ’n bietjie van die nare ou wêreld te vergeet wanneer ons in glansblaaie oor hulle lees. Die hare, die grimering, die handsakke, die stiletto’s, die labels.)

Veral die Engelse sokkerbase het al gekla dat dié vroue soms meer aandag as die spelers self kry. Victoria Beckham (Posh Spice) – ongetwyfeld die koningin van super-WAGs en ’n onbetwiste styl-ikoon – is ’n sprekende voorbeeld. Maar sy staan ook deur dik en dun aan die sy van haar sexy man, David, het ’n loopbaan van haar eie as ontwerper (en was ’n hoogs suksesvolle sangeres) en is boonop ’n goeie ma.

Kyk verby die glans en jy sien sterk vroue raak. As jy ’n gewone WAG is, is jy daar net om mooi te lyk, maar as jy ’n super-WAG is, is jy daar om jou eie stempel af te druk: Haai, kyk, ek is hier en my lewe bestaan nie net uit bling, belts, bags en boobs nie.

Die moet-hê’s van ‘n WAG

  • Waar shop WAGs: WAGs koop in Londen in Oxford Street, Carnaby Street, Covent Garden en Soho. In Parys is dit onder meer Rue Saint-Honoré, Rue de la Paix en Place Vendôme. En in Rome kry jy in Via Borgognona modehuise soos Fendi, Laura Biagiotti en Gai Mattiolo.
  • Klere: Dolce & Gabbana, Victoria Beckham-rokke, Chanel, Ralph Lauren, Roberto Cavalli, Balenciaga, Lanvin, Gucci en Valentino.
  • Gewilde skoen-etikette: Christian Louboutin, Jimmy Choo, Pierre Hardy en Giuseppe Zanotti.
  • Handsakke: The Hermes Birkin, Yves Saint Laurent, Chloé, Stella McCartney Chanel en Prada

Vir meer oor  sa se eie WAGs koop die September-uitgawe van SARIE

Volg SARIE op Twitter en Facebook

  • Joretha Meyer

    Ag nee rerig, ek gaan seker oor die vingers getik word hieroor, maar mense moet bykom, Enige vrou wat geld en roem en status het of dit aangetrou is of van ma of pa af kom of op eie stoom behaal is kan mooi lyk, en oulik wees ens ens. Hulle het die geld EN die tyd vir dit, hulle kan nannies aanstel om na die kroos kinders om te sien, gaan gym wanneer hulle wil, mense wat vir hulle kos maak ens. Wanneer gaan die media ophou hierdie "glam" mense so ophef wat alles het in die lewe. Kyk bietjie na normale vrouens wat nie die wereld se geld het nie en nogsteeds mooi lyk omtrent elke dag, tenspyte van die feit dat sy nooit die gym sien nie, bitter min slaap in kry, 9 ure WERK ses uur in die aand by die huis kom waar honger mondjies en honger man vir haar wag, sy 5 uur al opstaan om wasgoed op die draad te kry, want sy kan nie eers meer bediende bekostig nie, en vanaand as almal gaan slaap die huis nog netjies maak, staan en stryk en broodjies regkry vir more! Tussen deur tel sy maar altyd heellaaste op die lys en sit almal se behoeftes voor haar. En bo dit alles haar man deur dik en dun ondersteun in sy baie stresvolle loopbaan. Dit is die vrouens wat moet opgehef word, want dit is die werklikheid! Die vrouens wat in die glans wereld is stry ek nie, is ook seker moeilik maar definitief is dit baie makliker vir hulle en dis hoekom hulle altyd so "mooi" is en en en, come on people dis nie moeilik om so te lyk nie!

  • Nadia

    @Joretha, self kon ek dit nie beter gestel het nie. Daar word altyd ‘n ophef gemaak van hierdie glans vroue, so asof hulle so wonderlik is, jinne, soos jy sê, met hulle geld en tyd kan hulle nie anders as om so mooi te lyk nie. Ek dink dit is tyd dat tydskrifte soos Sarie op gewone mense begin fokus, ek is moeg om heeldag te lees hoe wonderlik hierdie glans mense is, en om in hulle gephotoshop’te gesigte op die voorblaaie vas te kyk.

  • Christa

    Stem 100% saam met jou Joretha!!

  • Bianca

    as ek n bankrekening gehaat het wat elke dag verstop geword het sou ek dit ook kon bekostig om elke dag mooi telyk! pff!

  • Riekie Nel

    Ek stem ook saam. Ek het al opgehou om my geld op Sarie te mors, juis oor daai rede. Ek is ook dik om in celebs se gesigte vas te kyk en hulle word in ons kele afgedruk. Kan ons ‘n ‘gewone-mens’ tydskrif kry asb?

  • Martie

    "Darren"? Moet haar van nie "van Heerden" wees nie. "Darren" is Kurt se verhoog van en sy broer se eerste naam ….. Vra maar net.

  • Aletta de Villiers

    Ek stem 100% saam met Joretha. Ek is so moeg om altyd dieselfde gesigte op die voorblaaie van verskillende tydskrifte te sien Dit lyk partykeer vir my of die tydskrifte besluit hierdie maand is dit Sarie se beurt om ‘n sekere persoon op die voorblad te sien, volgende maand is dit Rooi Rose se beurt en so gaan dit aan. Daar is so baie gewone mense en persoonlikhede wat ons nooit iets van hoor of sien nie.

    Wat maak Dunay met 200 paar skoene en 50 jeans? As sy elke dag van die week ‘n ander paar skoene aantrek is die helfte van die jaar verby. Miskien moet sy ‘n slag daaraan dink om van haar skoene en klere vir kinderhuise te skenk. Daar is baie meisies wat, wat sal gee vir ‘n paar mooi skoene of mooi klere.

  • Sylvia

    Ek stem 100% saam!

  • Lanie

    Ek is bly ek is nie enigste een wat so voel oor hierdie artikel. Ek verwag meer van die SARIE Hiedie artikel hoort nie in die tydskrif nie.

  • Bianca

    Self verbaas dat die tipe artikel in SARIE geplaas is. Twyfel of ek weer sal geld mors om SARIE te koop.

  • Mev ook welaf getroud Eksteen

    Ek wonder wat gaan jy nou doen, Dunay? Hoop om jou gou by n kinderhuis te sien met al jou denims en skoene….En nee ons is nie jaloers nie want ek persoonlik het 5 label denims en tonne skoene in my kas!

  • Nicola

    Joretha ek stem 100% saam met jou! Beter kon jy dit nie gestel het nie!

  • Stellenbosch

    Ek sê elke dag – enige lelike eendjie kan in ‘n swaan verander met baie hulpmiddels en geld. Joretha is 100% reg! Ons werk ons oor ‘n mik om dan net in die tydskrifte te lees van al die baie klere en geld van die celebs. Hulle sal nie ‘n week in ons skoene uithou nie! Ag nee, is daar nie beter stories nie…..

  • WENDY

    al wat ek te se het ek dink duney is pragtig sy doen baie vir ander en vir diere ,sy is rerig n mooi mens ,so as sy baie klere het why not ,sy kan dit bekostig ,duney doen wat jy nog altyd gedoen het die die diere het jou nog baie nodig ,mense gaan doen so bietjie leifdadige werk sal julle beter laat voel go strongs duney ons is almal lief vir jou xxxen was tog so bly om vir jou op n voorblad van sarie te sien en ek het ook dit gekoop ,,,

  • Michélle

    Joretha, ek steem 100% met jou saam.

    ek het met groot afwagting SARIE gekoop om die artikel oor Dunay te lees. Ekt nog altyd gedink sy is pragtig, alhoewel ek nie ‘n aanhanger van haar is of sal wees nie. Die voorbladfoto is regtig pragtig en ek wou die res ook besigtig.

    Met gebelgdheid het ek die artikel toegemaak toe ek moes lees van die rykdom waarin sy haar bevind, dit alles danksy Kurt VAN HEERDEN. Hoe oppervlakkig en leeg is dit nie?

    SARIE, maak tog asb seker dat julle of na haar verwys as Dunay Nortjé of Dunay van Heerden want ek is seker nie sy of Kurt het amptelik die van van DARREN aangeneem nie. Hy is die "ster" met die verhoognaam, nie Dunay nie!

    Dis wonderlik om geld te he en dit te kan geniet, maar dis meer wonderlik om nederig daaroor te wees.

    Op ‘n stadium kon ek ook nie my lag hou toe ek moes lees dat Dunay vir ander kunstenaars se nuwe meisies raad gee nie! Hoe belaglik is dit nie? Is Dunay nou die HOOFDOGTER aangesien Kurt / Kaptein dan die Hoofseun van SA musiek is?

    Nee Sarie, gee ons liewer artikels met insig en wysheid. Dis veel eerder beter om jou geld op so iets te spandeer. Hierdie tipe artikels is presies die rede waarom ek nie meer getrou SARIE koop nie.

    As julle nou regtig ons wou vermaak met ‘n plat op die aarde mens, wie in haarself reeds iets bereik het, nie gedra word deur ander se geld as haar eie nie, maar steeds nie leeg voorkom nie, vergas ons dan eerder met ‘n artikel oor Juanita du Plessis. DIT IS NOU ‘N VOORBEELD waarna enige dame kan strewe.

  • Kim

    Ek wil lag. Julle wat so preek dat ander moet nederig wees, terwyl julle praat oor hoe wonderlik julle is as vrouens / ma’s. Net omdat iemand beroemd is, beteken dit nie hulle is ryk nie. En net omdat iemand goed lyk, beteken dit nie hulle het oneindige bronne van geld en "make-up artists" wat spring en "hairstylists" wat op wag staan nie. Party van hierdie "WAGS" werk ook 8/10 ure ‘n dag, doen al daai goed wat jy genoem het, Joretha, en DAARNA moet hulle self mooi maak sodat hulle hulle mans kan ondersteun terwyl kameras flits, skinder blogs gons, en desperate vrouens hul bes probeer om daardie mans uit te lok. En as een van hierdie "WAGS" ‘n afdag het en ‘n foto word geneem, dan lewer SA weer komentaar oor hoeveel beter die man kan doen. Ek staan nie op vir die artikel nie, inteendeel, ek dink dis nogals opervlakkig geskryf, maar hou op om te veralgemeen, en hou op om julle-self so hoog te ag – julle weet nie van ander mense se probleme nie so moenie probeer maak of julle s’n erger is nie.

  • Michelle

    Dunay jy is pragtig. Moenie jou steur aan al die negatiewe kommentaar nie. Jy is een van die bevoorregte mense met "looks, body, brains and money". En net om die cherry op die koek te sit, nog boonop ‘n baie oulike man ook.
    Geniet alles terdee.