Ons praat met

Dunay Nortjé: Dié reuk herinner my aan Kersfees

Dunay Nortjé, model en verloofde van sanger Kurt Darren

Dunay Nortjé en Kylo

“. . . see en frangipani”

Ons is ’n hegte familie en het ’n vakansieplek aan KwaZulu-Natal se suidkus waarheen ons elke Desember vir ’n maand gaan – al vir die afgelope 20 jaar. Daar’s ’n frangipani-boom net buite ons vakansiehuis en dit blom daardie tyd. Dit ruik ongelooflik lekker! My peetkind, Kylo (6), was al drie keer saam see toe oor Kerstyd en hy bring altyd vir die vroue frangipaniblommetjies. Ek móét myne in my hare sit. Ek mag dit ook nie laat rondlê nie; hy kry ’n bakkie met water waarin ek dit moet sit.

Ons maak altyd vroegoggend geskenke oop. Kylo is gewoonlik eerste. En ons maak kos vir ’n koning: Kalkoen, eend, tong (waarmee my tannie my altyd terg, want ek gril my dood) en slaaie.

Ons maak ook ’n punt daarvan om te onthou waaroor Kersfees gaan en ons dank die Here dat Hy ons vir nog ’n jaar gespaar het.

Lees die volle artikel hier