Ons praat met

Dunay Nortjé (Kurt Darren se meisie)

Tot onlangs was sy net die sanger Kurt Darren se meisie. Maar Dunay Nortjé is ’n finalis in ’n Mej. Bollywood-wedstryd. Boonop het sy pas haar honneursgraad in sielkunde deur Unisa voltooi. En maak haar reg vir ’n meestersgraad in kindersielkunde en speelterapie. Die rede? Sy’s absoluut gek oor kinders, het Fanie Cronjé agtergekom.

Beteken dit jy en Kurt het . . . planne? Nee, nee, nee. Definitief nie nou nie. Ons albei hou baie van kinders en sal graag later wil, maar nie nou. Ons is nou eers besig met ander goed.

Ek weet presies waarmee jy nou besig is. Wat is die Mej. Bollywood-storie?**
Ek weet nie waar kom die koerante so gou aan ’n storie nie! Ek het nie eers gedink iemand weet daarvan nie.

Moet nooit ʼn joernalis onderskat nie.
Dis waar. Wat gebeur het: Ons het seker al sewe IPL-krieketwedstryde gaan kyk. Ons is dan gaste in die presidensiële suite. Ek het nooit eens die inskryfvorm gesien wat daar onder die mense uitgedeel is nie. Kurt het toe die een aand opgetree en ek het in die gehoor gestaan en foto’s neem soos ’n regte toeris. Die finalis vir die dag is toe al aangekondig. Toe ek weer sien, is daar ’n ou wat my vra of ek nie sy Miss Bollywood wil wees nie. Dis hoe ek ingeskryf gekom het.

Shilpa Shetty, die Bollywood-aktrise wat ook Big Brother UK gewen het, het mos ’n vinger in die IPL-pie. Is dit haar projek?
Ek het haar al ontmoet. Sy is ongelooflik mooi. Maar dis nie sy nie. Dis Francois Pienaar se projek.

En as jy wen, gaan jy Indië toe, dis wonderlik.
Ja, is dit nie wonderlik nie! Deel van die prys is ’n rol in ’n Bollywood-fliek teenoor Shahrukh Khan. Ek is versot op reis. Die mense stem en dan word die wenner op 23 Mei by ’n gala-aand aangewys.

Hoe kan ʼn mens stem?
Die finaliste is op die webwerf IPLT.com, waar jy kan stem. Uit die 48 wat deelneem word 16 finaliste.

Ek hoop jy wen!
Ek sal so bly wees. Ek wil dit met my hele hart hê!

Eileen van der Merwe

Bloemfontein-roos Eileen van der Merwe is ook gekies om aan Miss Bollywood IPL Suid-Afrika deel te neem. Sy’s versot op krieket – haar gunsteling-span is die Kings XI Punjab en haar topspeler is Albie Morkel.

**Die wenner van hierdie kompetisie wen ‘n besigheidsreis na Indië om die Indiese filmbedryf, beter bekend as Bollywood, eerstehands te ervaar.

  • Magriet

    Jy is pragtig Dunay!

  • nwppmkct

    vUHwNb fcjpzhtsqkhf, [url=http://ikxvajjwgxbc.com/]ikxvajjwgxbc[/url], [link=http://lfwcdsbuabcb.com/]lfwcdsbuabcb[/link], http://whkbivvfjduh.com/