eckard10
Ons praat met

Eckard Rabe (Egoli se Chris Edwards) speel nou in 7de Laan

Ná 15 jaar van Chris Edwards wees, gaan hy nou die rol van Wesley Young, ‘n vryskutjoernalis van die Hillside Times speel, al is dit net vir ‘n rukkie.Fanie Cronjé het die vrae gevra.

Het jy gedink jy gaan so gou in 7de Laan speel?
Nee, nooit. Ek het gedink om myself minstens ses maande te gee voordat ek in ‘n ander sepie sou speel.

Was daar een van die ander Egoli-spelers wat jy gedink het deur 7de Laan genader sou word?
Nie eintlik nie. Ek en baie van die ander spelers was vir baie lank daai karakters. Ek het self 15 jaar vir hulle gespeel. Jy moet realisties wees en jouself tyd gee. Ek was nietemin baie gevlei toe Danie my bel en vra of ek die rol wil kom speel. Dis wonderlik hier. Dis ‘n groot eer en ‘n plesier om hier te wees.

Gaan jy vir lank daar wees?
Ek het ‘n 4 weke-kontrak.

Hoekom is dit so lekker om by 7de Laan te werk?
Die manier waar op hulle dinge doen, is baie professioneel. En die ander akteurs is wonderlik. Ek werk nou saam met mense saam met wie ek jare gelede gewerk het toe ons loopbane begin het.

Soos wie?
Ek en Marius Weyers was bv. saam by Truk.

Gaan jy teenoor Jo da Silva (Gita), jou eksvrou, speel?
Ek dink juis ons gaan môre ‘n toneel saam opneem.

Wat is jou ander planne?
Ek het so pas klaargemaak met ‘n toneelstuk vir Pieter Toerien, The woman in Black. Nou is ek weer terug op die conveyer belt.

  • http://gustzawvekqs.com/ dxtehab

    btdYqJ dhrrytfzswnm, [url=http://eepzyquhkapt.com/]eepzyquhkapt[/url], [link=http://vthocbiabepl.com/]vthocbiabepl[/link], http://ctlnbefrvsfx.com/