Ons praat met

Een dag tot Olimpiese Spele: Cameron van der Burgh gesels

Het jy gedink jy gaan die span haal?
Ja, ek was nogal selfversekerd. Ek het die laaste twee jaar hard gewerk.

Was dit nog altyd jou droom?
Vandat ek 10 of 12 jaar oud was.Wat Penny Heyns destyds by die Spele reggekry het [sy het twee goue medaljes in 1996 in Atlanta,Amerika, gewen], het my geïnspireer. Ek het toe besef hoe groot die geleentheid is en ek wou deelneem.

Hoe voel jy daaroor dat die Spele in Londen gehou word?
Londen is ’n multikulturele stad. Ek dink daar gaan ’n ongelooflike energie wees. Met die vorige Olimpiese Spele in Beijing kon ons nie werklik die gees van die Spele ervaar nie, weens die streng veiligheidsmaatreëls.

Jou verwagtinge?
Ek doen dit vir myself. As ek net my bes doen, sal ek bly wees.

Wie is jou grootstemededinger?
Elkeen wat in die eindronde is, is jou grootste kompetisie.

Wat is jou beste item en sterkste eienskap as swemmer?
My beste item is die 100 m-borsslag. Ek is hoër gekeur daarvoor. Die opwinding van die resies motiveer my. Ek hou dalk nie van oefen nie, maar die adrenalien wat pomp, motiveer my eerder as wat dit my strem. Dit tel in my guns.

Watter struikelblokke moes jy al oorkom?
Ek het nog nooit ’n permanente afrigter gehad nie. Ek oefen op my eie en dis ’n uitdaging.

Jy en die Noorse swemmer Daleoen, wat vroeër vanjaar aan ’n hartaanval oorlede is, was na aanmekaar. Het hy jou enigiets geleer wat jou in hierdie Spele gaan help?
Hy was ’n groot pêl en ek het gereeld by hom in Noorweë gaan kuier. Hy het my dinge oor swem geleer wat jy nie in ’n boek kan leer nie, soos om nie met plakkies voor ’n swemitem te loop nie, want dit maak jou bene moeg. Loop eerder met tekkies, want dit ondersteun jou bene.

Hoe voel jy voor die geweerskoot klap?
Ek dink aan niks nie, my kop is skoon. Dis soos om jou tande te borsel. Jou lyf en kop reageer outomaties en is in sync.

  • Rite Smith

    You go Boy. We will be holding thumbs for you. We know you can do it.

  • Dieter Voigt

    Baie opgewonde om te sien hoe jy vanaand vir SA en jouself die goud gaan wen! Baie sterkte!

  • Grietje

    mooi so. Trots op jou

  • derick

    mooi man