sr1109voorblad_kompetiesie_6_
Ons praat met

Voorbladgesigfinalis Althea gesels 1 jaar later

Só het die kompetisie my lewensuitkyk geraak
Dit was een van daardie gebeurtenisse en herinneringe wat jy vir altyd diep in jou hart sal koester. Dit was ‘n goue oomblik in my lewe, waar ek aan myself bevestig het dat geen droom te groot is om na te jaag nie!

Waarmee hou ek myself deesdae besig?
Ek het intussen my meestersgraad in kliniese pastorale berading verwerf en op 10 Maart vanjaar met my beste maatjie, Marnus Olivier, getrou. Noem my nou Mevrou Olivier. Baie ironies (en spesiaal) is dat ek en Marli (wat ook tydens die aankondigingsnaweek in Pretoria my kamermaat was), ‘n dag uitmekaar verloof geraak het en ook ‘n week uitmekaar getrou het. Daar was duidelik iets in die lug…

My raad aan vanjaar se deelnemers
Go for it! Wie nie waag sal nie wen nie. SARIE bied ‘n wonderlike kompetisie aan wat vrou-wees vier en elke vrou die geleentheid bied om spesiaal te voel en bederf te word. Dis ‘n geleentheid wat jy nie kan laat verbygaan nie. En vir dié van julle wat klaar ingeskryf het, geniet elke oomblik van wag, nuuskierig wees, opgewonde wees en al die bederf.

[bos:full:red:both]

SKRYF IN vir SARIE se VOORBLADGESIGWEDSTRYD 2012

[/box]

  • Francisca

    Like like like like!

    Tot die nie bekendes in die Wereld kry ‘n kans om voorwaar ‘n verskil in ons land te maak!
    Sarie is nie net die magazine nie maar ook die geleentheid, kans en vriendin wat elke vrou diep in haar begeer en droom.

    Stunning!!!!

  • Karin

    Francisca – stem saam!!!