survivor
Ons praat met

Eerste Survivor SA Maldives deelnemer uitgestem – hy gesels met SARIE

Het jy enige spesiale voorbereiding vir Survivor gedoen?

Ja, ek het baie geëet en baie geslaap. Ek het geweet my lyf gaan ontsettende strain vat en ek het besluit ek moet uitgerus wees.

Wat glo jy was jou sterk punte as deelnemer?

My fisieke krag. Ek meng ook maklik met enige tipe mense. Die tyd wat ek op die eiland was, het ek met my span gemeng en hulle leer ken, maar ek dink ek die ander deelnemers geïntimideer omdat ek ’n groot ou is. Dalk het ek ook ’n bietjie voorbarig voorgekom. Ek dink ek is ’n nice ou, maar ek sê wat ek dink en mense is nie altyd so gemaklik daarmee nie.

Wat is die grootste strategiese fout wat jy gemaak het?

Ek dink nie ek het regtig ’n strategiese fout gemaak nie. Ek het probeer om alliansies te maak, maar dit het nie gewerk nie. Ek het besluit ek gaan myself wees. As mense nie daarvan hou nie, is dit hulle probleem.

Hoe voel dit om die eerste deelnemer te wees wat afgestem word?
Iemand moet huis toe gaan op die ou end van die dag. Ek het nie daarvan gehou om afgestem te word nie, maar the tribe has spoken.  

Wat was die moeilikste op die eiland?

Die weersomstandighede. In die dag was dit verskriklik warm en in die aand, net as jy dink dit begin afkoel, het die storms gewoed tot drie uur die oggend. Ek het omtrent niks geslaap nie.

Hoe hou jy jou lyf so gespierd?

Ek het verlede jaar ’n breuk van rugby geneem, maar nie opgehou om te oefen nie. Ek was drie keer ’n dag in die gimnasium vir 45 minute-sessies – ses dae van die week.