sr0808brumilda_6_
Ons praat met

Egoli se laaste episode vanaand. Wat dink jy gaan gebeur?

Vanaand moet ons groet. Nora, Louwna, Nenna en kie. maak hul laaste buiging op M-Net in Egoli – Plek van Goud. Die vraag op almal se lippe: Hoe gaan Franz Marx dié sepie na bykans 18 jaar laat eindig?

Laat ons weet hoe jy dink Egoli gaan eindig…

Skryf vir ons in die kommentaar-boksie hieronder.

‘n Spesiale huldeblyk volg na die laaste episode. Van Woensdag 3 Maart tot Vrydag 26 Maart kan jy elke dag na ‘n samestelling van spesiale terugflitse kyk wat elkeen ‘n jaar van Egoli-episodes verteenwoordig.