FOTO: Willem Lourens

Ons praat met

Eish, maar Neels van Jaarsveld rap lekker!

Die akteur Neels van Jaarsveld het deesdae ’n núwe kreatiewe uitlaatklep – hy noem dit sophistorap. En teen Mei vanjaar wil hy en sy rapmaat ’n album uitreik…

Hy wou nog altyd live raptrouens, hy en buddy TJ Terreblanche beplan ’n wêreldtoer.

Rap is, naas toneelspel, sy nuutste kreatiewe uitlaatklep. Dit is nou bó en behalwe sy nuwe meisie, Jeanne Flynn, ’n persoonlike afrigter, waarna hy ewe ouskool verwys as “my nooi.’’ Nee, hulle het nie troeteldiere nie. “Ons vertroetel maar mekaar. . .’’ Hulle woon in Bloubergrant, oorkant die strand, sowat twintig minute se ry van die Kaap.

Hy is bésig: in Desember verlede jaar is die romantiese komedie Knysna, waarin hy ’n hoofrol vertolk, uitgereik. Later vanjaar skiet hy aan twee rolprente, onder meer Man soos my pa en Die Pro, asook die kykNET-televisiereeks Getroud met rugby. En hy werk aan ’n eenman-show oor gholf.

Neels op die  FOTO: Facebook

Neels op die gholf-baan
FOTO: Facebook

FOTO: Facebook

Neels se meisie, Jeanne, swaai ook die stok FOTO: Facebook

Maar nóú droom hy van sy rapalbum, graciascomrade – dieselfde naam as sy klerereeks. (graciascomrade.com).

“In my tienerjare het ek na rock en hip hop geluister. Ek kan nie eintlik mooi sing nie, maar hou van musiek. En toe gaan ek die raproete. Ek speel net bietjie djembe-tromme, maar my gunsteling- ‘instrument’ is die mikrofoon.’’

Hy was eers deel van ’n band – The Enormous Dwarves, bestaande uit “baie invloedryke, intelligente en passievolle mense’’ soos Adriaan Basson (redakteur van Beeld), Louis Raubenheimer (op sy dag redakteur van FHM), David Hollenbach (prokureur), Bruce en Wayne MacMillan (IT-spesialiste).

Neels meen baie mense op aarde is “enorme dwerge”. “Normale, maar interessante mense. Die naam het net sommer in my kop saad geskiet. My oupa wou sý denkbeeldige band The Rising Sunsetters noem. Ek hou van oximorons en puns. Dit hou gesprekke interessant.

“Die Dwarves het 2009 ontbind en nou is ek The Enormous Dwarf, bygestaan deur TJ (ook genoem T-Rex) Terreblanche. Ek skryf die rap-lirieke. TJ skryf die musiek en vervaardig dit. Dit is wonderlik uitdagend, stimulerend. Ek noem dit sophistorapdit lewer sosiale kommentaar op verhoudings, die liefde, hoop, haat en natuurlik vinnige karre en mooi ladies. Ek sal nog ’n Afrikaanse nommer probeer.’’

Sy gunsteling-rapper is B-Real van Cypress Hill en hy is ’n groot aanhanger van Eminem. “TJ  kom eintlik met die ‘vleis’ wat klaar gemarineer is (die musiek). Ek ‘braai’ dit net (maak die lirieke). Rap bied vryheid van spraak. Ek stem nie noodwendig altyd saam met my alter ego, The Enormous Dwarf, se opinies nie, maar dis ’n verlengstuk van myself. Ek het ophou partytjie hou en is 15 maande skoon van alkohol. My rubrieke raak nou ook aan ernstige temas soos gebroke harte, vals hoop, verraad en wantroue. In Enormous Dwarf-modus is ek ligter – die dwarf bring goeie vibrasies …’’