sr1102gesond_2_
Ons praat met

Gewese TV-vrou verloor 40kg!

Dit was tydens ’n roetinedoktersondersoek in April 2006 dat Rita finaal besef het: Nóú moet sy ingryp en die gewig verloor waarmee sy al jare lank sukkel.

“Ek was toe 56 en het skielik besef ek is besig om myself skade te berokken. Soos die meeste oorgewig mense was ek salig onbewus van hoe sleg ek régtig gelyk het en wat dit besig was om aan my gesondheid te doen. Maar soos jy ouer word, kan jy nie meer so maklik daarmee wegkom nie. My bloeddruk- en cholesterol-telling was nog normaal, maar dit het aan die bopunt van die gesond-skaal gedobber.

“Soos elke jaar het ek daardie dag vir my dokter gesê ek moet seker maar iets doen aan my gewig, maar dié keer het ek dit bedoel. Ek kon niks doen aan die feit dat ek ouer word nie, maar ek kon beheer hóé ek ouer word.”

My gewig was my lewe lank ‘n probleem

Dié voormalige aanbieder van joernaalprogramme soos Uit en Tuis en Silhouette en deesdae senior bestuurder van die Universiteit van Johannesburg se kunstedepartement het toe op aanbeveling van haar dokter met ’n dieet met ’n lae glukemiese indeks (GI) begin. Met dié eetplan eet jy kosse waarvan die koolhidrate stadig in jou bloedstroom opgeneem word sodat jy langer versadig voel.

 

Ek het elke week 500g of 1kg verloor totdat ek 66kg bereik het.”

 

“Ek het al seker elke dieet onder die son probeer, want my gewig was my lewe lank ’n probleem.

Dié keer het ek geweet ek moes ’n leefstylverandering maak. So saam met die ouderdom kom ’n bewuswording wat ’n mens nie as jong mens het nie – dat kitsdiëte nie werk nie, en dat jy ’n blywende verandering moet maak wat die res van jou lewe gaan hou.

“Boonop is ek ’n totale kosholis, so diëte werk bloot nie vir my nie – beslis nie op lang termyn nie. Dis soos om ’n alkoholis te wees, maar byna erger omdat jy die sondaar nie net heeltemal kan uitsny nie – jy moet steeds eet!”

Rita het daar uitgeloop en die boek Eet vir volgehoue energie (Gabi Steenkamp en Liesbet Delport, Tafelberg) gaan koop, dit van voor tot agter deurgelees en dadelik weggeval.

“Dit het vir my absoluut sin gemaak en ook eenvoudig genoeg gelyk dat ek daarby sou kon hou. Ek het nooit getwyfel oor wat ek mag en nie mag eet nie.” Sy het boonop hard begin oefen – drie maal per week saam met ’n fiksheidsinstrukteur, twee pilatesklasse per week en dan het sy gaan stap op die ander twee dae.

“Oefening het vir my soos tandeborsel geword – nie iets wat jy noodwendig geniet of verpes nie, maar iets wat jy elke liewe dag doen.

“Vir my het dit dié keer nie meer gegaan oor hoe ek lyk nie, maar bloot oor my gesondheid. Ek sou nie veel langer gesond gewees het as ek so oorgewig gebly het nie.”

Nou pas ek selfs in ‘n no. 12 broek

Twee jaar later het Rita ’n volle 40 kg afgeskud. Haar gewig het van 108 kg na 68 kg afgekom. Dis boonop nou al twee jaar lank konstant. “Ek het nie ’n doelwit gehad nie, maar aangehou met my eetplan totdat my gewig gestabiliseer het. Ek het elke week 500 g of 1 kg verloor totdat ek 66 kg bereik het. Sedertdien wissel ek nou tussen 66 kg en 68 kg.” En op 60 lyk sy nou fikser en mooier as ooit!

’n Hoogtepunt was die groter klere waarvan sy mettertyd ontslae kon raak. Sy het van ’n nommer-22-rok na ’n 14 gevorder en dra nou selfs ’n nommer-12-broek.

“Dis heerlik om nou in enige winkel te kan instap en klere van die rak af te koop. As ek terugkyk, kan ek gebeure uitlig wat bygedra het tot my besluit om na myself te begin omsien.

Eintlik moes ek jare gelede al rooi ligte gesien het toe ek so mal was oor die winkels in die VSA – bloot omdat elke winkel groter nommers verkoop het wat my gepas het.

“Maar kort voor my dieet het ek foto’s van myself gesien op ’n vriendin se dogter se troue waar ek die seremoniemeester was. Ek het soos ’n gestrande walvis gelyk. Die blinddoek het afgekom. Waar ek voorheen gedink het ek lyk oukei, dat ek die fakkel dra vir die groter vrou, het ek gesien ek was vet. Punt. Ek gaan nie rondom dit praat en myself ‘oorgewig’ noem nie, want my oë moes oopgaan.”

Haar voorkoms het ook aan haar selfbeeld begin knaag.

“Ek is ’n baie positiewe mens, maar iewers het ’n stemmetjie vir my begin sê: Hoorie, Bokkie, jy’s nie so oulik soos wat jy dink nie.

Dit raak naderhand onderliggend aan jou selfbeeld. Jy kan hoeveel selfvertroue hê, maar uiteindelik begin ander mense se opinies van jou tog deursyfer.”

En dis opinies waarmee sy haar lewe lank al gekonfronteer was.

“Gewig was nog altyd vir my ’n kwessie. Ek was aktief op skool, maar ek het te veel geëet en was nooit een van die dun meisies nie.

“Later het ek die een klimtoldieet ná die ander gevolg. Dan sou ek vinnig baie gewig verloor en alles weer aansit – en meer. Ek onthou hoe ek ná een van dié diëte so mooi gelyk het dat die Padveiligheidsdiens my gevra het om die kalendermeisie vir hul troepe-almanak te wees. Daar was ses foto’s – een in ’n bikini. Ek het dit gedoen en die publisiteit geniet, al was die aandag op my lyf nou nie juis iets wat my gevlei laat voel het nie, maar daarna het ek net weer alles aangesit.”

Nou glo sy die probleem was al die tyd haar benadering. “’n Mens moet eers ’n gesonde leefstyl lei, dan kom die gewig vanself af. ’n Gesonde leefwyse begin tussen jou ore. Jy moet dit wíl doen, niemand gaan jou kan oorreed of dwing nie.

“Ek sê nie ’n lae- GI-eetplan is die enigste manier nie, maar dis wat vir my gewerk het.” Sy het nooit honger gevoel nie en dit het ook maklik by haar leefwyse gepas. Wanneer sy werkgeleenthede moes bywoon, het sy vooraf ’n vrug geëet sodat dit nie so moeilik sou wees om die verkeerde kosse te vermy nie. Daar was ook altyd blikkies bone en vis in haar spens sodat sy vinnig iets aanmekaar kon slaan as die tyd of motivering vir kosmaak min was.

Voorbereiding en balans is die heel belangrikste

“Die belangrikste was net om voorsorg te tref. Ek het kos saamgeneem werk toe sodat ek nie in die versoeking gestel sou word deur wegneemetes nie.”

Voorbereiding en balans was haar wagwoorde.

“Ek het nooit, ooit regtig verneuk nie. Behalwe een aand reg in die begin toe ons besig was met ’n verhoogproduksie en ons laat die nag kos gaan koop het. Ek het ’n burger geëet en was so vies vir myself dat ek dit nooit weer daarna oor my hart kon kry nie.”

Maar as sy die dag te veel geëet het, het sy bloot die volgende dag haar porsies ingeperk.

“Ek het selfs sjokolade geëet, maar een of twee blokkies van Lindt se donkersjokolade pleks van ’n hele groot blok melksjokolade te verorber.”

 

Toe ‘n dierbare pêl my die dag vra of ek ‘n buite-egtelike verhouding het omdat ek so goed lyk, was dit vir my ‘n wonderlike kompliment.”

 

Sy het steeds gaan uiteet, by vriende gekuier en self lekker onthaal. In restaurante het sy dikwels slaai bestel en by vriende sou sy ’n klein porsie vleis inskep en haar bord dan vol groente laai.

“En as hulle by my kom eet, het ek lae-GI-resepte berei en hulle het nie eens geweet hulle eet dieetkos nie!”

Die moeilikste was die witbrood, aartappels en kaas wat sy heeltemal uitgesny het. Sy het self so besluit, hoewel aartappels en kaas steeds

toelaatbaar was.

“Ek is ’n alles of niks soort mens en vermy dié kosse eerder, want ek weet ek hou moeilik op as ek eers begin. Ek het gereken ek het byna 60 jaar lekker daaraan gesmul, ek kan nou maar regtig ophou. Dít was en is steeds nie altyd maklik nie.

Sommige dae is ek vrek lus vir ’n lekker ciabatta met Franse

kaas, maar ek vergeet daarvan, want daar’s genoeg ander wonderlike kos wat ek wel kan eet.”

Ek het ‘n affair met myself

Haar vasberadenheid het vrugte afgewerp. “Al het ek dit om gesondheidsredes gedoen, is dit natuurlik ook ’n aansporing wanneer jy beter begin lyk. Toe ’n dierbare pêl my die dag vra of ek ’n buite-egtelike verhouding het omdat ek so goed lyk, was dit ’n wonderlike kompliment!”

En dié keer, sê sy, weet sy die vet kom nie terug nie, want gesond eet en oefening is deel van haar leefwyse.

“Jou eetplan moet vir jou werk. Ek dink dis die suksesresep. As jy dit vir jouself gaan moeilik maak deur ’n strawwe dieet, gaan jy vinnig moed verloor en dan kom die wiele af. Ek het nooit gevoel ek sukkel nie, want ek het iets gekies wat nie vir my moeilik is nie.

“En nou weet ek ek lyk taamlik goed vir my ouderdom. Waar ek voorheen ’n hoop walvisspek was, is ek nou slank en gespierd, en dis ’n wonderlike gevoel. En ja, ek het ’n affair – met myself!”

Vir 3 dae van haar eetplan gaan koop die Februarie uitgawe van Sarie.


Rita toe sy 108kg geweek het    Rita toe sy nog 108kg geweeg het. 

  • Henriëtte

    Dit is wonderlik om te sien daar is nog mense wat dit op hulle eie kan reg kry. Ek is 32jaar oud en sukkel ook my hele lewe lank al met my gewig. Ek het al alles onder die son probeer maar tel dan net weer twee keer soveel gewig op na die tyd. Rita, jy is ware inspirasie en ek glo en bid elke dag dat ek dit ook sal reg kry.

  • Elize

    Wow Rita, wat ‘n inspirasie vir ons almal. Baie baie geluk daarmee! Ek dink jou gemoed is ook sommer ligter en baie vroliker, nie dat jy nie vrolik was nie!!

  • Sandra

    Hierdie is ‘n amazing! Ek kry hoendervleis (ja ja, sonder die velletjie)
    Baie gluk – dis ‘n huge prestasie!

  • Petriana

    Rita, dis fantasties. Ekself besef ek is baie oorgewig & moet iets aan myself doen. Hierdie is nou ‘n absolute inspirasie vir my. Ek het al baie jare die boek Eet vir volgehoue energie & gaan dit nou sommer uit my kas haal & van voor af begin lees & gebruik & geniet. Baie sterkte vir jou vir die res wat jy nog wil verloor & behou wat jy reeds verloor het. Groete

  • Elsa Smith

    jy lyk stunning!! ek het omtrent 5kg om te verloor, is al 51jr oud, gaan gym toe maar eet verkeerd. Dki SARIE vir die artikel

  • Meryl

    Dit is wonderlik, ek wens ek kon 40kg afskut, dan sou ek ook baie beter voel.

  • Laetitia

    Dis fantasties!! baie geluk

  • Ronel Strydom

    Wow! Jy lyk baie goed, ek sukkel net so met my gewig, het ook al alles probeer,maar niks werk met my nie!

  • C

    PRAGTIG RITA.JOU GESIN KAN TROTS WES OP JOU.

  • Ria van Vuuren

    Jy lyk fantasies! Mooi so!

  • Isabel

    Fantasties! ek stem volwaardig saam met alles wat sy se, wens ek het daardie moed en deursettingsvermoe gehad!

  • Alex Verloop. Randburg

    Rita.

    Ek is jou ouderdom en n baie groot aanhanger…Geluk met die gewigsverlies ,jy ly nie n dag ouer as 45.Ek het ook n paar kilos om te verloor,sukkel met motivering,maar nadat ek jou artikel gelees het en jou foto gesien het…is dit vir my n uitdaging.

  • MARTIE REYNECKE

    Rita lyk pragtig! Sy is nou vir my ‘n groot inspirasie. Ek het al begin maar party dae is dit net moeiliker as ander. Ek maak dit elke dag ‘n saak van gebed anders maak ek dit nie. Ek skryf elke ietsie wat ek eet neer. By vanaand kan ek sien wat onnodig was. Die volgende dag probeer ek harder. Gelukkig drink ek baie water.Ek het gewonder of sodawater goed is of nie, want ek drink dit baie.
    Ek wil net vir Rita se sy het nou haar doel bereik en nou moet sy vasbyt. Sterkte Rita, jy lyk pragtig!

  • http://www.harcourts.co.za Madeleine

    Stuur asb die dieet!!!

  • http://www.harcourts.co.za Madeleine

    Drie dae se eetplan gaan beslis nie help nie!!!!!!!!!!!!!!!

  • Lewsi

    Goodness maar sy lyk absoluut stunning! Baie baie mooi.

  • Petro

    Jy lyk fantasies! Baie, baie geluk . wens ek het die selfdissipliene gehad vir soiets. Ek self kan doen met so 20 kilos minder.

  • Benita

    Liesbet Delport het my ook gehelp met groot sukses. Ahoewel ek nie soseer oorgewig was nie moes ek ‘n paar ekstra kilogramme afskud en vandag, 5 jaar daarn, behou ek nog steeds my gewig deur te let op wat ek eet.

  • Retha du Toit

    Pragtig Rita!! Jy is n inspirering vir ons almal wat dink ons sal more begin!!!

  • Anette Ogden

    Sjoe! Ek het 20 om te verloor en is al SO moedeloos….! Dalk kry ek nou moed…het nog altyd gedink jy is ‘n rolmodel vir vrouwees. Hou duim vas vir my!

  • Anette Ogden

    Jy lyk STUNNING in jou nuwe lyf!

  • Vania Burger

    Jy lyk GREAT!!!

  • Vicky

    Al wat ek kan sê is WOW. You go girl. Wys mens maar net weer waar ‘n wil is is ‘n weg.

  • Petro

    Fantastiese inspirasie vir my gaan sommer dadelik die boek koop en begin. Genoeg gehad van vet wees!

  • Morne’

    Jy lyk fantasties Rita,jy moet baie trots wees op jouself!!!
    Well Done!!!

  • Elmarie Kemp

    Rita, ek haal my hoed af vir jou, jy lyk fantasties! Jy is so ‘n pragtige vrou. Ek het self daardie besluit so 5 jaar terug geneem toe ek ‘n foto sien van myself toe ons kersfees 2005 in SA by my ouers gekuier het …… 3 kenne! My man (‘n dr.) het my gewaarsku dat ‘n hartaanval, diabetes my voorland is, dadelik die besluit geneem en 70 lb verloor in 15 maande. Ek voel ‘n ander mens, rol nie meer uit die bed met rugpyn nie, as almal dit net sal doen vir hulle eie gesondheid is dit soveel makliker!

  • Jayne

    Sjoe….net more gaan ek die Sarie koop! Dis wonderlik wat Rita reggekry het. Ek is 56 jaar oud en het 5 jaar terug opgehou met werk en die kilogramme is nou besig om aan te pak omdat ek heeldag in die kombuis is en heeldag toegang het na die yskas!! Daar is nie ‘n dag wat verbygaan wat ek nie smag na soetgoed nie….dit kan nie so aanhou nie want ek kan voel my gesondheid ly nou ook daaronder. Dankie Rita dat jy my so geinspireer het!!!! Ly lyk STUNNING. Hierdie artikel van jou is net waarvoor ek gewag het!

  • http://www.kilimakidogo.co.za Dina Evans

    awesome awesome awesome, Rita was nog altyd ‘n mooi vrou, … maar nou is sy ‘n jong mooi vrou wat lyk of haar lewe voor haar le! … ek is nou waar Rita was voor haar verlies van 40kg … en dit gee my moed!!! ek moet nou ook net deur my fotos begin kyk en die gevaarligte sien! Dankie Rita. Trots op jou.

  • connie myburgh

    Ek wil nie glo die elegante vrou is 60 nie en dit is nogal onse RITA vd HEEVER! Ek onthou haar nog goed vanaf die kassie al woon ek sedertdien jare oorsee. Dis nou een wonderlike brokkie nuus. Wow vir jou!!!!

  • Maxie

    Mooi so, Rita! Aanhouer wen, né!

  • Ingrid

    Rita….. sestig…..nooit. Jy lyk fantasties. Ek is 56 en moet ook paar kilo’s verloor om gesondheidsredes. Jy is vir my nou ‘n groot aansporing. EK WIL OOK SO LYK !!!!!!. Baie geluk. Jy lyk 40.

  • Heleen

    Sjoe, jy lyk pragtig! Ek voel skoon geinspireerd!

  • Ansie

    Rita, jy is ‘n inspirasie! Ek kry skoon skaam as ek dink ek het net 5 om te verloor en ek sukkel so! Jou artikel het my weer moed gegee. Jy lyk pragtig! En is dit nie lekker om mooi moderne klere te kan dra nie!

  • Petro

    Ek bewonder jou uithouvermoe. ek het so 2 jaar terug 24 kg verloor maar het weer 7kg opgetel. ek het net nie weer daai uithou vermoe om dit ‘n lewenstyl te maak nie.

    Groete

  • Kitty

    Jy lyk stunning. Ek is 56 en sukkel met my gewig is 95 kg en het nog nooit soveel geweeg nie. Is daar n geheim wat ek moet weet soos mens ouer word.

  • Annatjie Hiles

    Sjoe Rita dit klink uitstekend. Ek was ook destyds by n dieetkundige en moet ook op die Lae GI program gaan, maar verlede jaar (het heelwat – amper 10kg verloor) toe ons met vakansie was toe het alles net hand uitgeruk en nou sukkel ek weer. Ek gaan beslis die Sarie kry net om weer in die roetine van die Lae GI eetplan te kom. Ek moet weer so paar kilos afskud.

  • http://www.sarie.com Paulette

    Jy lyk stunning en 25jr oud. Ai ek wens my kop en my optredes wil joune as voorbeeld gebruik. Ek weeg 157kg en probeer, maar om dit so op jou eie te probeer is dissipline (het ‘n bietjie) maar tussen ander mense waag ek dit nie. Fantasties gedoen en alles wat mooi is vorentoe, geniet daai lyfie en die mooi klere wat jy nou kan dra.

  • Alta Swiegers

    Dit lyk nie na dieselfde persoon nie

  • poeps

    Wow! Dus het die boek baie gehelp. Ek gaan hom nou ook soek om te koop. Enige ander boeke wat nie te ingewikkeld en amerikaans is nie, wat mens kan koop?

  • http://wehmeyermanufacturing.co.za Piet

    Knap gedaan Rita , ek onthou nog jou EDHM dieet . Ek is n diabeet en Madelein de Villers ( Tygerberg dieetkundige en xcellent daarby ) se daar is nie so n ding soos n dieet vir n diabeet nie . Almal behoort so te eet .

  • mariska

    whow jy lyk 15jaar jonger!!!!!!!!!!!!!!! regtig waar well done!!

  • Illze

    Watter nommer boek was dit. Daar is EET VIR VOLGENOUE ENERGIE 1,2,3,4

  • http://www.bahiart.co.za Michele Hamman

    Rita, ek bewonder jou moed en deursettingsvermoë. Dit is absoluut wonderlik. Jy lyk pragtig. Geniet dit.

  • Elsa du Plessis

    dit is wonderlik as mens so ‘n kop skuif kan maak, en volhou, veral die oefen gedeelte.

    Rita, jy lyk fantasties, ek het nog nie by daardie vasberadenheid uitgekom nie. jy is ‘n inspirasie!

  • Charmaine

    Hi daar, jis dis wonderlik veral op jou ouderdom, ek is nou 31 en weeg tans miskien 103kg en kan net nie van die gewig ontslae raak nie, ek wil graag meer weet oor hoe jy dir gedoen asb.

  • Betsie Pretorius

    Wonderlik!! Ek moet verseker iets begin doen en jy is ‘n rol model.

  • Melinda Rossouw

    Ek weet hoe voel jy want ek was ook op ‘n stadium daar. Nadat ek amper 50kg verloor het het ek myself belowe ek sal nooit weer daardie gewig optel nie maar mettertyd het die kilo’s maar weer aan my kom plak. Ek wens net ek het weer daardie wilskrag om gesond te eet, ek wil nie op ‘n dieet gaan nie maar net reg eet. Jy is wraggies vir my ‘n inspirasie. Ek is nou 53 jr en word in Mrt weer ouma en het so gehoop dat ek nie weer ‘n vet ouma gaan wees nie maar Mrt is om die draai dus gaan my kleinkind haar vet ouma ontmoet.

    Geniet jou maer lyf Rita ek is so bly vir jou onthalwe

  • MEISIE

    BRAVO. EK WENS EK KAN DIT DOEN. EK IS OOK SOWAT 30 KILOGRAM OORGEWIG EN PROBEER OOK ALS OM TE VERLOOR. EK HAAL MY HOED AF VIR JOU RITA. WELGEDAAN.EK GAAN NET VANMIDDAG DIE SARIE KOOP OM TE SIEN HOE JY DIT GEDOEN HET.

  • Hanlie

    Dis nou ‘n aansporing die! Dankie!

  • Marita du Plessis

    Ek haal my hoed af vir enige iemand wat dit regkry. Veral op die regte manier. Ons praat dus nie van kitsdiete nie.
    Jy lyk stunning Rita!!!!!!

  • Sonia Scheepers

    Rita – Dit is fantasties en jy is ‘n inspirasie vir almal daar buite wat ook met hulle gewig sukkel. Dit is verskriklike harde werk en baie deursettingsvermoë.

    Sterkte vorentoe

  • Jenny

    Baie,baie geluk Rita. Ek het myself daai padtjie geloop en weet presies hoe lekker dit is. Ons was omtrent dieselfde gewig en weeg nou om en by dieselfde. Welgedaan en geniet jou nuwe lyf!

  • Ronell

    Ek stem 100% saam. Dieet is vir die voels. Balans en beplanning is als

  • Paul Fourie

    Uitstekend, sal graag alle mense wil he en sien dit kan gedoen word, wanr enige persoon verloor selfbeeld as hulle nie meer ooglik lyk nie. baie, baie geluk, hou so aan

  • Paul Fourie

    Uitstekend, sal graag alle mense wil he en sien dit kan gedoen word, wanr enige persoon verloor selfbeeld as hulle nie meer ooglik lyk nie. baie, baie geluk, hou so aan

  • Marita

    Rita, jy lyk nie taamlik goed vir jou ouderdom nie, jy lyk baie beter as sekeres van ons ons veertig! Jy is ‘n ongelooflike inspirasie. Hou so aan.

  • http://www.sarie.com Mari Boshoff

    Rita dis nie net jou lyf wat mooier is nie maar jou gesig ook. dit wys net vir jou dat vet jou heeltemal verander!Jy lyk wonderlik

  • Elise

    Wonderlik Rita!!! Ek is seker jou man kan sy oe nie van jou afhou nie! Jy is voorwaar vir ons almal ‘n rolmodel wat so sukkel met die vetjies. Ek is 52 en het ook ‘n ewige stryd met my gewig, ek moet sowat 20kg verloor en wat ‘n inspirasie is jy nie vir my nie! Gaan sommer dadelik begin om reg te eet en die vetjies laat wegsmelt…

  • dulcie

    Ag gee nou die vir ons ook ASB Thx

  • Sarie Potgieter

    Baie geluk en hou so aan! Dit voel of ek my eie geskiedenis lees, want ek het ook met behulp van die Lae GI-eetplan 42kg verloor en hou my gewig nou al vir 2 jaar instand. Voorheen het ek alles wat verloor het en nog meer binne ‘n paar maande opgetel. My man was altyd gekant daarteen as ek met ‘n nuwe dieet begin het, maar nadat hy opgemerk het wat en hoeveel ek eet het hy saam met my die eetplan begin volg, 30kg verloor en hou dit ook nog in stand. Slegs die vier Lae GI resepteboeke word nou in huis gebruik. Ek beveel die eetplan beslis aan.

  • ANNE MARIE VAN WYK

    RITA JY LYK FANTASTIES

  • Elsebé

    Baie geluk Rita. Ek kon nie glo dis jy nie. Jy lyk fantasties!
    Jy is voorwaar ‘n inspirasie!

  • Willie

    Auntie lyk goed, kyk dit vat baie dissipline en harde werk om so iets uit die sak uit te trek, Baie Geluk. Nou is die vraag wat anders kan n mens reg kry??.

    Ek myself moet so 20KG verloor, vir gesondheids probleme ens. Maar kyk hierdie Auntie is n achievement op haar eie, weereens baie Geluk en wel gedaan. http://www.gabisteenkamp.co.za/books-index.htm

  • Marié Fourie

    Kan IEMAND my net sê hoe sy dit reggekry het, asseblief?Net soos Rita, sukkel ek ook al my lewe lank met my gewig, en letterlik géén dieet het nog tot dusver vir my gewerk nie.Ek is 47 jaar oud, en sal wat wou gee om ook so 30kg af te skud.

  • Thea

    Baie geluk Rita!! Jy lyk pragtig!!

  • poppie

    rita jy lyk wonderlik hou so aan.wensek was jy.ek sukkel maar met die gewig

  • Ook Rita van den Heever

    Ek sukkel ook al my hele volwasse lewe met my gewig. Die neiging is seker maar in ons gene, ou niggie. Ek weet dat ‘n Lae GI dieetplan die regte ding is, die probleem is egter dat die lae GI produkte net so ontsettend duur is dat ek dit meeste van die tyd nie kan bekostig nie. Dan het ek ook nog ‘n ongeneeslike siektetoestand wat veroorsaak dat meeste vorme van oefening vir my onmoontlik en uiters pynlik is.

  • Verna Fritz

    Dit klink soos ‘n droom. Ek het alles probeer, en kon nog nooit resultate behaal sonder om baie geld, baie moeite en my self honger te martel regkry nie. En dan kry jy nog die mense wat se hulle het die regte produk betaal die geld oor + posgeld ons stuur dit aan, en dan kry jy net nooit die produk nie. En ja , ek sit na alles nogsteeds met die probleem. Ek is 45 en sukkel nog my lewe lank. Rita kan jy jou groot geheim met my ook deel asb.

  • http://fytfvjmfyrli.com/ jtwpdof

    KIqgIT fiyxuatwufku, [url=http://ypamompnpjbm.com/]ypamompnpjbm[/url], [link=http://ddgvcsvcwfra.com/]ddgvcsvcwfra[/link], http://fvydbcjhqlmi.com/

  • http://www.atsheli.co.za Jeanne van den Bergh

    ‘n Week voordat die Sarie uitgekom het het ek my lae GI boek en ook die resepteboeke uitgehaal en ‘n week se eetplan uitgewerk, die inkopies gedoen en het ek en my man begin. Die volgende week kom Sarie uit en wat ‘n inspirasie want dit is presies wat ek besluit het. Al vat dit my nou ook die volle jaar in 2011 maar gesond gaan ek word en die lae GI eetplan gaan my eetplan word. Ons is nou ‘n entjie verder en dit gaan stadig maar dit gaan! manne verloor mos vinniger want ons vrouens het estrogeen maar dit maak nie meer saak nie – ek sal ook daar uitkom. En oefening is nou ook deel van my (ek is 54 jaar oud en het nog nooit geoefen nie) maar my treadmill werk nou en dit word ook deel van my roetine. Dankie Rita vir die bevestiging dat ons op die regte pad is! Voorheen al baie gedieet en dan net weer alles en nog meer opgetel maar nie die keer nie! Vir die wie meer wil weet – daar is die resepteboeke maar dan is daar ook die handleiding van Liesbet Deport en Gabi Steenkamp. Lees dit gerus! En maak maar die muffins en vries dit – heerlik vir ‘n tussenhappie!

  • Deborah

    Hi Rita en Sarie Lesers,Ek het Oktober 2010 begin reg eet en oefen en oor kersfees my gewig konstant gehou en toe weer einde Jan begin verloor. Ek het 98kg geweeg en is nou by 85kg en ek is 52 jaar oud. Ek is egter bang om te veel te verloor want netnou sit ek met los velle. Bekommer ek my verniet of is dit n probleem op my ouderdom?

  • Hannetjie

    Hi Rita, ek het gedink en gedink oor hierdie artikel. Eers het ek gedink jou ouers het seker verkeerd getel watter jaar jy gebore is, want sowaar! Jy lyk veertig. Toe wonder ek weer of dit plastiese chirurgie is, en toe weer of die photoshop is! Maar toe my dogter vir my vertel dat die pilates oefeninge mens regtig mooi maak, en dit sal werk vir ons "ou" tannies, was ek sommer vuur en vlam.

    Ek het ook in Maart 2006 begin met die TLC dieet, en het 36 kg verloor teen November, maar toe kon ek eenvoudig nie meer nie. Sederdien het ek 40 kg weer opgetel!

    Hoekom begin jy nie `n rubriek of iets soortgelyks in Sarie waar ons vir jou kan raad vra oor dieet en alles wat daarmee saamgaan nie?

  • Riets

    Eish!! Die gees is gewillig maar die ou groot liggaam – maar na gisteroggend toe my kerkpakkie so oopgaap by die maag en borste het ek besef – IETS MOET EK DOEN en VINNIG OOK. Rita, jy lyk goed, baie goed. Sal maar weer probeer – het reeds die dieetplan op die internet gekry en gaan maar weer .. .. As die kop net eers reg is. Maar het ek al sooooo baie probeer. Iemand gee my tog asseblief net ‘n bietjie moed!!!

  • Rae Gagiano

    Die storie is so ‘n inpirasie!! Ek wil vreeslik graag die hele dieet kry. Ek wil ook 40kg verloor! Gaan nou die foto langs my bed plak vir inspirasie.

  • wdmpwrjwzaf

    ofnJED hqbxzaebehbn, [url=http://mmfgjaybiwzq.com/]mmfgjaybiwzq[/url], [link=http://sxcpywklvcbc.com/]sxcpywklvcbc[/link], http://tcuqfycqaveb.com/

  • Gesina le Roux

    Goeiedag

    Ek het die Februarie Sarie gemis – hoe kan ek nou die dieet kry?

    Groete

    Gesina
    gesina4@gmail.com

  • neels

    rita jy lyk baie mooi kan ek asb jou dieet ook kry voel baie ongemaklik neels

  • Yolanda

    Rieta
    Ek het die artikel gemis en lees eers vanoggend van jou sukses… baie geluk! Ek het net so baie om te verloor. Gee jy om om jou idees en wenke met my te deel, asb?

  • mandy

    Ek het 20kg met ‘n totale historektomie opgetel watse program kan ek gebruik om my te help om gewig te verloor! Groot ASB!!!!