sarie november sandra prinsloo tinarie van wyk loots nov sarie voorblad
Ons praat met

‘Ek kry al die uitdagings wat ek nodig het’ – Sandra Prinsloo

Shakespeare, Tsjekof, PG du Plessis . . . Daar is byna nie ’n dramaturg wie se woorde nog nie deur Sandra Prinsloo op ’n verhoog uitgeleef is nie. Sy is ewe gemaklik in Afrikaans as wat sy is in Engels en daar is beslis nog g’n einde aan haar loopbaan nie.

Aftree? Glad nie! As ek daaraan begin dink, is dit verby

- Sandra Prinsloo

“Solank die uitdaging nog daar is en solank ek nog gehore kan boei, sal ek nie ophou nie.” Sandra is vol lof vir teater vandag. “Dis opwindend, innoverend. Van die stukke is wêreldklas …”

Encore! Sandra & Tinarie

Dink jy aan vroue in Afrikaanse teater vandag, spring twee name na vore: Sandra Prinsloo en Tinarie van Wyk-Loots. Die een ’n doyenne van die toneelwêreld wat nou ‘van die lekkerste rolle’ van haar loopbaan ervaar, die ander ’n grensverskuiwende aktrise wat teaterliefhebbers gaande het. SARIE het met die twee aktrises vir ons November-uitgawe gesels. 

Lees die volledige onderhoude in ons November-uitgawe!

FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross