Ons praat met

EKSKLUSIEF: Karlien van Jaarsveld slegs op SARIE TV

“Jakkals trou met wolf se vrou” gaan sorg dat Karlien Van Jaarsveld die Afrikaanse mark verder betower.  Met vyf splinternuwe treffers is die album beslis ‘n sukses storie wat wag om te gebeur.

Die album bestaan uit agtien snitte waarvan sestien oorspronklik is . Dit is popmusiek op sy suiwerste met polsende klanke en sielvolle ballades en Karlien se sterk stem wat bydra tot die uitstekende eindproduk.

Beter as liefde en Jakkals trou met wolf se vrou is twee reuse treffers albei uit die pen van Johan Vorster.  Die titelsnit is ‘n metafoor binne ‘n metafoor van die onverwagse draai wat die liefdespad kan loop.  Beter as liefde is die eerste enkelsnit  en weerspieël die geduld en passie van die hart en dien as bewys dat niks beter is as die liefde nie.

Verskeie van die liedjies kom uit Karlien se eie pen, wat insluit Daar’s ‘n Storm, Feëverhaal, Sonder Jou en Van JaarsveldhartediefHiermee bewys Karlien dat sy nie net ‘n mooi gesig is nie maar ook ‘n talentvolle sangeres en liedjieskrywer

Karlien se droom vir die album is dat die musiek mense positief sal aanraak. “Enigiets wat Johan aanpak is `n sukses en ek glo natuurlik dit gaan weer die geval wees.“

Daar het twee musiekregisseurs op die album gewerk. Juan “Floors“ Oosthuizen was verantwoordelik vir die ballades en Robin Kielly was weer aan die stuur van die dansliedjies. “Beide meesters in wat hulle doen en ek is baie tevrede met die eindproduk,“ sê Karlien.

Karlien maak ook later vanjaar haar debuut as aktrise in die musiekrolprent, Platteland.  Twee van haar album se liedjies, Sweet Dreams en As die Gordyn Val, gaan op ‘n vars manier gehoor word in die fliek.

Met haar sagte hart en opgeruimde geaardheid gaan Karlien van Jaarsveld nog derduisende mense se harte verower! 

 

 

  • Judy Vermeulen

    Karlien is nou ‘n kunstenaar in eie reg !! Gee haar die erkenning, sonder aanhangsels….ons is lief vir Bobby, maar skuif hom bietjie opsy as daar oor haar gepraat word.

  • k

    Mooi girl en song!

  • MdT

    Stunning stunning!!!

  • Chanique

    sy lyk ongelooflik, is mal oor die liedjie, baie mooi stem…

  • Francois

    Awesome, Net jammer ons weet nog nie waneer die nuwe album gaan beskikbaar wees nie.

    Maar Kannie wag nie.

  • Hyla

    Pragtige mens en uitstekende kunstenaar… moes lankal na Karlien verwys het en nie Bobby se sus nie…. albei is tops!

  • Karen

    Dis ‘n WOW liedjie, baie mooi! Sien uit na die hele cd…. 🙂

  • ehnqmwvtpb

    27rITF vvbbxblswyav, [url=http://lsgmeyuibtgg.com/]lsgmeyuibtgg[/url], [link=http://joussqwmfdem.com/]joussqwmfdem[/link], http://oqtuclmxzpsr.com/