Ons praat met

EKSKLUSIEWE FOTO: Sean Else gee nuwe verloofring vir sy vrou

“Dis so lekker om met my beste maatjie getroud te wees. Hy kan by die grootste meeting onder die son wees, hy is altyd daar vir my. Hy sal die telefoon selfs dáár optel. Ek voel sy liefde. Hy is net so oulik. Ek is net só bly hy is my man.”

Carla en Sean Else op hul troudag

Hulle is op 3 Desember 2011 getroud. Sean het vir Carla ‘n fyn verloofringetjie met drie rye diamante en ‘n groot peervormige steen in die middel gegee wat deur ‘n Pretoriase juwelier ontwerp is. . “Jy kan nie vir iemand verduidelik hoe sentimenteel jy oor jou eerste verloofring voel totdat jy dit kry nie. Dit was awesome. Die probleem was, omdat dit so fyn was, het ek die heeltyd klein diamantjies verloor. Dit het my onrustig begin maak. Ek was bang ek verloor die groot diamant in die middel.

Ons het in Februarie vanjaar Kaap toe getrek, maar toe ek later vanjaar Pretoria toe is om Getroud met rugby te gaan shoot, het ons saam besluit dat die ring herontwerp moet word in iets stewigers en ons het Jenna gaan sien.”

Carla het nooit kon dink dat sy van iets meer solied “met baie goud” sou hou soos wat Jenna voorgestel het nie. “Maar Jenna het my soos ‘n boek gelees. Ons het net gekliek.

Toe ek en Sean in Mei in Frankryk was vir die Cannes-rolprentfees, het Jenna sketse deurgestuur van hoe sy die nuwe ring visualiseer. Toe ek dit oopmaak, het ek soos ‘n klein dogtertjie gevoel. Dit was perfek. Sy sou al die oorspronklike stene gebruik en die hele ring herontwerp in iets stewigers met meer goud. Daar is net twee ekstra diamante bygevoeg. Ek het die ring in Junie vanjaar gekry, twee dae voor ons klaar aan Getroud met rugby geskiet het. Ek kon nie wag om die stel te verlaat nie.”

Sean het haar kom oplaai, by Jenna se ateljees in Sandton aangekom het hulle vonkelwyn gedrink, sy moes haar oë toemaak en toe het die trotse Jenna die ring aan haar vinger gesteek.

“Dit was als baie spesiaal. Vandat ek vier jaar oud is het ek al gedroom oor ‘n diamant-trouring. My oupa het die mooiste robyn-en-diamanttrouring gehad en my ouma altyd met die mooiste ringe bederf.”

Sean bederf haar ook baie met blomme. “Ek is mal oor blomme. Hy het my eerste verloofring vasgemaak aan ‘n reuse bos blomme – ek het net ietsie sien blink . . .”

  • Jacques Scherman

    Wragtig pragtig!!

  • Carol-Ann Lamberio

    n Mooi ring vir n mooi vrou, buite en binne. Ek glo nie ek het al ooit n paartjie gesien wat so mooi bymekaar pas nie en God se liefde kan jy in hulle sien.

  • Malinda Olivier

    Sjoe dis so mooi ! Geniet mekaar. God bless! So bly om te sien hoe gelukkig jul saam is. Tannie Malinda xxxxx