Ons praat met

Eksklusiewe uittreksel uit Steve Hofmeyr se nuwe boek: Vier briewe vir Jan Ellis

 Hoofstuk Sewentien

So never soos kietang

Onse ou huis het ook ene. ‘n Posbus. Number 201. Hier bly ander mense se kinders. Hulle sing carols. Die Heiland is gebore. Langsaan lyk stil. Daar brand ‘n lig. Ek kyk weer. Wragtag. Ek stap oor. Die hekkie kraak en die draad hang nog laag waar antie Tô geleun het. Ek stap op die stoepie na die voordeur en maak my rooitas staan. Die plek kort ‘n paintjob. Ek klop. Niks. Ek klop weer. Toe hoor ek ‘n geskuiwe. Hy maak oop. Dis wragtag hy. Oom Harry staan daar op ‘n kierie. Hy’t gekrimp van oud. Agter is gedek vir twee. O Liewe Jesus as my ma hier is. Daar’s ‘n miniature Krismisboom. Daar’s ‘n saaidbord. Maar hy’s so ge-polish van die vernis hy bounce die liggies deur die donker kamer.

Dis ek, oom.
Wie?
Jan Ellis.
So never soos kietang.
Merrie Krismis.
Van waar gehasie?
Ek soek my ma. Daphne.
Voor die Jirre sy’s weg. Lankal weg.
Was julle ‘n item?
‘n Wat?
‘n Item, ek sê.
My gehoor is kapoet en soe.

Hy wys na sy ore maar ek sien in sy oë dat hy iets op sy frommel-lippe wil maak staan. Daar’s oumenstrane. Hulle hang daar. Hulle drup nie. Binne hulle spin die jare. Om en om. Ek wag. Hy kyk ver oor sy skouer. Ver oor Jacobsbaai. Dan weer na my.

Eenkeer.
Eenkeer?
Voor God.
Die tafel lê vir twee.
Dis Krismis.
Krismis was dan eergister?
Next Krismis.
Vir jou en wie?
Vir Tô.
Tô is lankal weg, oom.
Ek wiet. Maar maybe.
Die tannie is … by haar Herder, en soe.
Ek het hom gedek in 74.
Wat, oom?
Die tafel. Kan ‘n man nie biekie hoop nie.
Hoop?
Dat sy my terug wou hê.

** Uittreksel uit Vier Briewe vir Jan Ellis deur Steve Hofmeyr (Zebra Press, R120.00)
Vanaf April 2010 beskikbaar by boekwinkels landwyd.

Vier briewe vir Jan Ellis - Steve Hofmeyr

Lees nog in die Mei-uitgawe van SARIE

In ons Mei-uitgawe kan jy nog 2 eksklusiewe hoofstukke én ‘n onderhoud met Steve oor sy boek lees.

Vier briewe vir Jan Ellis – die storie

Op die voorblad is ‘n seuntjie met ‘n blougeverfde gesig en rooi lippe. Dis klein Basiltjie, ‘n sagte outjie wat soms deur die ander seuns gevang en gemake-up is sodat hy soos ‘n meisiekind lyk. Maar hy was George Jan Ellis Kok se beste maat. Almal het in die 70’s geweet wie Jan Ellis is. Dan vra mense altyd vir Jan: O, is jy genoem na Jan Ellis die vleuel? Hy kon hom so vervies daaroor, want almal behoort mos te weet Jan was ‘n flank.

Dinge het skeefgeloop en Jan moet briewe aflewer as straf, maar toe ‘n Ferenza by hom verby ry met Ronnie Joyce wat uit die speakers blêr, is hy lus om ook ‘n gangster te word en hy ry met sy fiets agter hulle aan. ‘n Verskriklike ding gebeur reg voor hom en hy kry lewenslange tronkstraf

vir moord. Veertig jaar later word hy vrygelaat, met TB. Hy vind ‘n sak in sy tas met daarin die 30 briewe wat hy destyds nooit afgelewer het nie.

Hy lees die briewe en dis vir hom ‘n Damaskus-ervaring. Daar is vier wat hy nie kan neersit nie. Dié vier briewe wat mense se lewens anders kon laat uitdraai het, en hy wat Jan is, het hulle nooit afgelewer nie . . .

5 gelukkige SARIE-lesers kan wen!

Klik om in te skryf

  • Chris Pretorius

    Lyk na ‘n moet lees boek.

  • Amanda Gerber

    Steve is een bol talent! Wens hy kan gelukkig wees.

  • Suzette Kuhn

    Gaan dit beslis lees. As jy talent het, dan het jy dit! Well done Steve…’n man van vele talente en wat dit gebruik! xxx

  • Doné

    klink boeiend……….

  • Annette

    Ek is gladnie verbaas dat Steve en oom Eugene mekaar so goed verstaan het nie, het dieselfde liefde vir sy land, volk en taal en dieselfde talent wat net aan besondere mense uitgedeel is.

  • BxhZ6K lhqfcxljdrsw, [url=http://rijghyokxzbi.com/]rijghyokxzbi[/url], [link=http://qsyumjykzutw.com/]qsyumjykzutw[/link], http://xllpepuevgcy.com/

  • wkzyfsb

    1cjsQS htqsdronfoep, [url=http://ldhsjuhhayes.com/]ldhsjuhhayes[/url], [link=http://iskwnbynovdl.com/]iskwnbynovdl[/link], http://bxuilekvavca.com/

  • Elaine Hollander

    Waar kan ek die boeke bekom asb.