sarie_june_2012_cover
Ons praat met

Eksklusiewe video – Diaan en Olivia agter die skerms

Sy het nog altyd geweet haar lewe gaan nie die gewone, uitgetrapte paadjie volg nie. Ja, ander mense kys, trou, kry kinders, gewoonlik in daardie volgorde, maar aktrise Diaan Lawrenson was nog ’n klein dogtertjie toe sy reeds geweet het sy gaan ’n ander roete volg – dalk vreemder, soms moeiliker, altyd interessanter.

“Ek het nog altyd gedink ek gaan ’n anderste verhouding hê. Dat ek nie noodwendig gaan trou nie. Ek’t nie eens gedink ek gaan kinders hê nie.”

En vandag, waar sy kaalvoet en gemaklik by haar eetkamertafel gesels, is dit duidelik sy’s gelukkig met die bestemming waarheen daardie pad haar gelei het: hier in haar en akteur Jody Abrahams se woonstel in die kleurryke, stedelike Illovo. Onder ons strek die boomryke Johannesburg uit en op die balkon wapper hul dogtertjie, Olivia Rose, se kleertjies op ’n droograk…

Lees die volledige onderhoud in die Junie 2012-uitgawe van SARIE. Klik om die eerste foto te sien wat SARIE-fotograaf Phyllis Green van klein Olivia by geboorte geneem het, klik vir Olivia eerste SARIE-fotosessie in Oktober 2010

KYK DIE VIDEO


  • magda van schalkwyk

    Baie pragtig. Geseende gesin.
    Liefdegroete
    Magda van Schalkwyk

  • Henda Peiser

    Sy is so pragtig, hulle lyk na so n gelukkige familie.

  • Isabel Delport

    Diaan is beeldskoon en Olivia lyk soos ‘n engeltjie. Pragtig!!

  • Jonet van der Westhuizen

    O MY WORD!!!!! Daai hare is KOSTELIK!!! Ek hoop my kind het ook sulke hare…wishful thinking ek dink…hehe!Mooiste mooi!

  • Bernadette du Plessis

    Diaan is so ‘n mooi vrou en hulle dogtertjie is pragtig en lyk baie gelukkig! Geniet haar!

  • Priscilla. Else van Vuuren

    Diaan jys ons trots,jys pragtig en geniet jy en Jody daardie ewe pragtige kleinding!!! Geniet jou sooo in 7de ln, hey gee nt vir Aggie n "break" kry haar so jammer as sy altyd so moet "cover" vir jou… hiehie….

  • AMANDA

    Absolutlety gorgeous. Pragtig verby.

  • Bronwyn

    ag Diaan wat ‘n pragtige poppie! Sys te dierbaar met daardie krulkoppie!

  • Mari van George

    Diaan jou poppie is pragtig. Enige ma se droom dat jou babygirl sulke looks het.

  • Annemarie Vosloo

    Diaan, jy is pragtig! En daai poppie van jou is asemrowend mooi!
    Daai lippies…..moet net gesoen en gevry word.
    Julle kan baie trots wees.

  • Elvine Du Plooy

    Jody & Diaan julle familie is pragtig, hou van Olivia se haar kleur, wees dankbaar dat julle so mooi gesin het, baie mense wens om soos julle te wees. Pas julle pragtige familie op julle almal is picture perfect

  • Elmarie Reinke

    Olivia is pragtig!

  • Sonja

    Sy lyk net soos haar pa!!!

  • Hettie

    Pragtige dogtertjie en beeldskone mamma.

  • Sandra van Heerden

    Diaan en haar pragtige poppie is darem die mooiste voorblad! Haar dogtertjie laat my dink aan ‘n roosknoppie – sy is werklik pragtig en Diaan lyk mooier as van te vore.

  • Amelia Etson

    Dankie Sarie. Te pragtig. Ek hou van die foto’s. Ek wil nog meer sien van
    Paula & Kie.

  • Rochelle

    Dit gaan n pragtige Ma/Dogter verhouding wees.Koester Ma-wees.Sy is pragtig en geniet haar.

  • Marie Smit

    Diaan, julle altwee is te pragtig! Olivia lyk soos ‘n engeltjie! Jy is nog altyd vir my mooi, maar nadat jy ma geword het, is jy nog beeldskoner! Die geluk straal behoorlik uit julle 3…. Wat ‘n mooi gesin!!!

  • Helene

    Olivia Rose is so ‘n pragtige naam vir ‘n baie pragtige dogtertjie. Sy lyk soos ‘n engeltjie en lyk baie na haar pappa. Sy lyk na so ‘n gelukkige kind – ook nie vreemd met 2 sulke oulike ouers nie. Doen so voort

  • Stevie

    BS low – ratoinlaity high! Really good answer!