pict0010
Ons praat met

Elizma Theron oor haar en Theuns se nuwe fliek

Sy speel die rol van Kriek in die sepie Villa Rosa op M-NET en aanstaande jaar verskyn sy in die fliek Jakhalsdans, gegrond op ‘n roman van die skrywer Deon Meyer, saam met onder andere haar geliefde (oor wie sy terloops níks wil verklap nie!), Theuns Jordaan. Die Oscar-benoemde Darrell Roodt is die regisseur. Marguerite van Wyk het met haar gesels oor haar loopbaan, rolmodelle, lewenslesse en toekomsdrome . . .

Waaroor gaan die fliek?
Ek het verlede jaar vir die eerste keer die draaiboek gelees en was gefassineer deur elke karakter en hoe ongelooflik goed Deon Meyer elkeen vasgevang het. Dit is ‘n ongelooflike mooi storie met lekker lag en lekker huil en boonop is dit ‘n lekker Afrikaanse liefdesverhaal. Dít het my alles getrek. En natuurlik die karakter van Mara Malan. Sy is ‘n onderwyseres en enkelma, wat saam met haar dogtertjie, Mia, Loxton toe trek vir ‘n nuwe begin. Theuns Jordaan speel die rol van Ruan Landman, ‘n kluisenaar wat op die dorp bly. Klein Mia reik uit na hom en laat hom weer in die mensdom glo. In die proses help dít haar ma ook, sonder dat sy dit eers besef . . .

Vertel van die oudisie.
Ek was verskriklik op my senuwees omdat ek so vreeslik graag wou deel wees van die projek. Ek het toe al so baie die draaiboek gelees dat die karakters soos ware mense begin voel het, soos vriende. Ná ‘n ruk het my droom waar geword toe hulle my laat weet het die rol van Mara is myne. Ek was oorweldig deur die wete dat ek saam met ‘n briljante regisseur soos Darrell kon werk. Jakkalsdans word op Valentynsdag aanstaande jaar uitgereik.

Geniet jy jou rol as Kriek/Janke Kritzinger in Villa Rosa?
Sy is ‘n finale jaar mediese student met al die soet en suur wat saam met jonkwees kom. Ek gaan nog elke nou en dan terug Villa toe as hulle my inroep en ek geniet myself elke keer gate uit. Die mense daar is al soos familie en ek leer elke keer iets nuuts. Ek wil nie hoef te kies tussen sepies of flieks nie. Altwee is vir my lekker om te doen. Ek dink die fliek was iets nuuts en daarom ook baie spesiaal. Ek het terloops

Sal jy graag nog TV-werk wil doen?
Vir seker! Iemand het eenkeer vir my gesê: Óf jy gaan mal wees daaroor, óf jy gaan dit nooit weer wil doen nie. Die gogga het my gebyt. En ek sal graag wil groei in daardie deel van my kreatiwiteit.” - Elizma

leer ‘toneelspeel’ voor my badkamerspieëltjie in Kuruman.

Waar en hoe lank het julle geskiet aan die fliek en watter ander groot name is nog daarin?
Ons het nie baie tyd gehad om die fliek te skiet nie omdat ons Februarie moet uitreik en Darrell is baie besig. Ek en Theuns het nog vertonings ook tussenin gehad. Ons het altesaam net so oor die twee weke geskiet. As daar iemand is wat dit in so ‘n kort tyd kan regkry sonder om gehalte in te boet, is dit Darrell. Neil Sandilands en Christina Storm is maar twee van die groot name wat ook in die fliek te sien is.

Watter belangrike lewenslesse het jy geleer uit jou rol in die fliek?
Dat mense baie by die onskuld van kinders kan leer.

Vertel meer van jou nuwe album.
Die album Ek soek jou is einde Junie uitgereik en ek is ongelooflik trots daarop. Dit trek reeds verby goud en ons mik nou vir platinum. Ek het op my vorige album , Gee my meer, baie van die liedjies geskryf, maar op dié album is daar net een van my liedjies. Ek het, soos die Engelsman sê, skrywersblok gehad. Gelukkig het ons soveel goeie liedjies klaar bymekaar gemaak, dat dit nie gepla het nie. Die liedjies, ”Langpad”, wat ek wel geskryf het, is al vyf jaar gelede geskryf vir ‘n vriend van my wat oorlede is. Dit lê my baie na aan die hart en ek is so bly dit kon deel wees van dié album.

Beskryf jou soort musiek.
Dis lekker luister- en dansmusiek met ‘n boodskap. Dit bevat elemente van pop, rock en ook country. My eerste album het al sowat 60 000 eksemplare verkoop. Ek hoop my tweede album kan ook soveel verkoop.

Aan watter ander projekte werk jy op die oomblik?
Die einde van die jaar staan nader en nou is dit ‘n besige tyd wat vertonings aanbetref. Ek gaan die land vol toer en my nuwe album bemark. En ek sien uit na die nuwe fliek wat uitkom en daar is hope bemarking wat voorlê. Verder skryf ek maar weer om solank liedjies bymekaar te maak vir die volgende album.

Toekomsdrome vir jou loopbaan?
Ek wil myself baie graag vestig as sangeres wat nie net sing nie, maar as ook as iemand wat help om Afrikaans te bevorder. Hetsy in musiek of op die TV. Ons het so ‘n pragtige taal en soveel Afrikaanse talent in ons land, ek wil graag hê die res van die wêreld moet dit ook beleef en sien.

Wat maak jou opgewonde oor die lewe?
Só baie dinge. Liewe Jesus is so ongelooflik goed vir my, ek kan nie wag om te sien wat Hy vir die volgende dag als beplan nie. Dit maak my so opgewonde om te sien hoe die kunstenaars hul mag met die mikrofoon in die hand gebruik om die Here se naam te verkonding. Die Here werk onder ons en ek raak elke dag net meer bewus daarvan. Hoe opwindend is dit nie!

Wie is jou grootste rolmodelle in die internasionale musiekbedryf?
Ek het grootgeword met Dolly Parton se musiek en sy is definitief iemand wat ek bewonder. Haar ongelooflike skryftalent, en dan is sy boonop trots op haar wortels. Ek het ook baie respek vir Shania Twain, wat uitgestyg het ná alles waardeur sy al in haar lewe is. Sulke mense inspireer my om net nog harder te werk. Dit is belangrik om te weet waarheen jy op pad is, maar ook waarvandaan jy kom.

Wanneer het jy vir die eerste keer besef musiek is jou ding?
Ek is baie lief vir musiek van bitter kleins af, maar ek het eers regtig daaraan begin dink toe ek twaalf jaar oud was, ná ek die heel eerste keer op ‘n verhoog geklim het. Ek het net geweet dis waar ek moet wees.

Wanneer kan ons jou volgende album verwag?
Die laaste deel van volgende jaar. In dié stadium fokus ek eers op Ek soek jou en om daardie liedjies by mense uit te kry.

*Besoek Elizma Theron se webtuiste www.elizmatheron.co.za vir nóg foto’s

  • http://eiguwnjmwthy.com/ ekaehddjgjp

    FkicjQ fnhqdxqkmafq, [url=http://hvymyxjbdccw.com/]hvymyxjbdccw[/url], [link=http://oyjdhiylskul.com/]oyjdhiylskul[/link], http://wafwklzggvac.com/

  • Poena

    Ek is ‘n groot aanhanger van Elizma. Mal oor haar musiek.
    baie geluk met die rolprent
    Hou so aan

  • Chenè

    Jakalsdans was ‘n ongelooflike goeie fliek. Ek het gelag en gehuil. Elizma Theron en Theuns Jordaan was regtig goed in die rolprent. Ek het baie geleer uit die fliek.

  • http://www.jcdisco.co.za Jaco Esterhuizen

    Ai ek is in die musiek bedryf(dj) en ek’s mal oor julle musiek , ek’s ok in die Video Bedryf en die fliek was baie mooi.

    Sterkte En ek hoop daar kom gou weer n cd uit.

    Groete
    Jaco
    (JCDISCO)

  • Betsie Pruis

    Jy en Elizma pas so goed bymekaar asb jul moet dit laat werk. Ek is n groot aanhanger van jou en Elizma, jul musiek ens.

  • http://zxpvgplttdcy.com/ rosljas

    S6hYAG qiorhzenmllh, [url=http://opqkomvswjnv.com/]opqkomvswjnv[/url], [link=http://hwnocnrgasdf.com/]hwnocnrgasdf[/link], http://bflxufmlqqiu.com/