ep270_3
Ons praat met

Elma Postma se nuwe haarstyl

“Dis ‘n drastiese verandering van my blonde, langer hare. Die vervaardigers van die M-Net-sepie Binneland het besluit ek moet bietjie meer gesofistikeerd en ouer lyk. En toe skep die haarstilis Raquel Bouredji, wat ons hare versorg, dié voorkoms vir my. En onthou, Bea Delport is ‘n ma van twee – die haarstyl moes vir haar werk,” vertel Elma Postma (33), wat dié gedaanteverwisseling drie weke gelede ondergaan het.
 
Die “nuwe Bea” het nog glad nie met dié nuwe haarstyl op TV verskyn nie. “Die kykers moet wag tot so om en by 11 April. Dit sal interessant wees om te sien wat hulle gaan sê.”
 
Die reaksie op straat?
“Mense sê veral my groen oë staan baie uit met die donker kop. En ek lyk glo meer klassiek. Ek grimeer my oë nou ook meer smokey. En as ek nou klere koop, kyk ek na die helder kleure. Dis ook asof mense blondines meer toeganklik vind en amper so bietjie versigtiger is vir ‘n brunet. Dalk dink hulle ‘n brunet is bietjie meer ‘hard’…”
 
Elma is op ‘n lekker plek in haar lewe. Sy het die afgelope naweek heerlik tuinwerk gedoen. Sy woon in ‘n kothuis op die erf van haar  7de Laan-vriendin Bertha le Roux. “Dit het so goed gevoel om in die grond met my hande te woel en vier sakke onkruid tussen die plantjies uit te trek. Maar my lyf is lekker styf. Ek verpes oefening, maar ek is nogal baie krities op wat ek eet. Nét gesonde kos.”
 
As sy soms mismoedig is, dan skryf sy goed neer waarvoor sy dankbaar is. “Gesondheid, my ma, Elmarie, en pa, Fanie, wat so lief is vir my, Sokkies, Bertha se hondjie wat soggens vir my kom groet, kos, ‘n lekker bed, ‘n goeie opvoeding, my werk…”
 
Natuurlik droom sy van ‘n gesin. “Ek dink ek sal ‘n goeie ma wees. As ek so kyk na my ma en pa en al die vreugde wat hulle vir ons gee en al die lekker goed wat ons doen – ons is vriende – dít wil ek ook eendag met kinders deel. Maar ek glo jou pad is reeds uitgewerk voor jy gebore is. So as dit nie gebeur nie, sal ek glo die regte dinge gebeur soos dit moet.”
 
En ja, daar is maar altyd iemand wat mens eye, gee sy toe… Maar sy ís enkellopend. Haar droomman hoef nie ‘n spesifieke voorkoms te hê nie. “Hy moet my wel onvoorwaardelik liefhê, ondersteun in wat en wie ek is, my vriend wees, en ek sal al daai dinge vir hom ook wees. Die liefde sal kom as dit die regte tyd is.”
 
Op die oomblik fokus sy op haar vriende. “Dis vir my belangrik om rustig te wees, balans te kry, gesond te eet. Verlede jaar het ek amper te veel dinge aangepak.

Elma Postma in SARIE oor die jare

Maart 2008

Elma op SARIE se Maart 2008-voorbladSARIE Maart 2008 - Elma Postma met donker hare

SARIE Maart 2008 - Elma Postma met blonde hare

Junie 2009

SARIE Junie 2009 - Elma Postma op die voorbladElma Postma in SARIE Junie 2009

Elma Postma in SARIE Junie 2009

Kies jou gunsteling Elma-styl en laat weet ons in die kommentaar-boksie hieronder

  • Elsabe

    Sy lyk pragtig! Eintlik onherkenbaar@@@@

  • Johlene

    Ek hou die meeste van die haarstyl wat sy in Maart 2008 gehad het. Sy lyk ouer met die lang hare. Die donkerder hare lyk ook baie mooi.

  • Mae Schonken

    Maart 2008.het sy pragtig gelyk. Die donkerder hare pas haar baie goed maar die styl van 2008 is baie mooier as die ou tannie styl van nou.

  • M Lepen

    Sjoe almal lyk bie goed by haar,want sy is n baie mooi vrou. Die korter haarstyl ,maar die ligte hare.

  • Koekoe Barnard

    Sy lyk altyd mooi…blond of bruinhare pas haar.

  • TP

    STUNNING! nie mal oor die bruin nie….

  • Ru-Anne

    Sy lyk profesioneel met die donker haren maar sexy met blond.

  • Sandra

    Die blond is beter, min natuurlike blondines lyk goed met donker hare!

  • Rita

    Sy is pragtig, ek hou van Maart 2008 se haarstyl, enige kleur

  • Malinda

    Die kind is sooo mooi, sy kan maar sonder hare ook wees!

  • Charmaine

    Sy lyk wonderlik, soos altyd.

  • Susan

    Ek hou van die blonde haarstyl sy lyk baie jonger en meer stylvoller. Die donker haarstyl laat haar hard en oud lyk.

  • Anna-Marie

    Ag nee, die styl lyk nie goed nie. Dit mag dalk by haar karakter pas, maar pas glad nie by haar eie, onafhanklike persoonlikheid nie. Sy is baie mooi en as aktrise moet sy aanpas by haar rol, dus het sy nie n keuse gehad nie.

  • Christa Lemmer

    Die blonde hare pas haar velkleur beter, en die korter haarstyl laat haar jonk en funky lyk, sy lyk sommer 20 jaar jonger!

  • Elmarie

    Pragtig soos altyd. !! Die nuwe haarstyl wys maar net op die veelsydigheid van die aktrise. Skoonheid kom van binne en die haarstyl pas by die rol.

  • Joey Lindeque

    Sy lyk beter met haar blondehare. Sy lyk oud met die donker hare.

  • Corrie Burger

    Sy lyk ongelooflik mooi

  • Lin Visser

    Ag nee wat dis nie "ons" Elma met die donker hare nie. Ken haar al baie jare. Sy lyk mooier met die ligter hare.

  • Annerika van Zyl.Gr 6

    Haar nuwe haarsteil in BINNELAND is mooier sy lyk FUNKY en JONGER met DONKER hare!!!!!!

  • Elaine Coertzaen

    Sy’s werklik ‘n mooi vrou, maar die donker hare laat haar te oud lyk. Ek kies defnitief blond en ‘n bietjie korter styl. Egoli stiliste kan ook meer speel met die aktrises se hare, soos funky pony sterte, ens.