FOTO Phyllis Green

FOTO Phyllis Green

Ons praat met

Elvis Blue deel sy tien lewensreëls

Die reëls waarvolgens ek leef.

  1. Praat minder, doen meer.
  2. Gee groter tips en glimlagte vir petroljoggies en kelners. Ag dié mense hoog, jy weet nooit waar jy hulle weer gaan sien nie.
  3. Was die skottelgoed, maak koffie in die bed en vat die vuilgoed uit. ’n Lewe met impak begin by klein dinge, nie die groot goed nie.
  4. Bel jou ouers.
  5. Swem in die see wanneer jy die kans kry. Die lewe is te kort om dit mis te loop.
  6. Lag vir jouself. Face it, ons almal doen soms stupid dinge.
  7. Spaar jou geld en wees verantwoordelik met dit wat jy ontvang het, al voel jy soms dis min.
  8. Wees meer romanties, al laat dit jou simpel voel.
  9. Leer meer boeke, kyk minder TV.
  10. Hê minder stuff. Maak so nou en dan jou kas en beursie leeg.
  • CATHRINE THERESA BRANDT ‘AFRIKAKIND’

    elke keer as ek iets hoor of sien van die man groei hy bietjie meer op my, sy optrede sowel as sy kommentaar.

    ek hoop jou toekoms is blink my vriend, en dankie vir die plesier wat jou songs ons gee…

    as ek kon droom oor ‘n nuwe lewe sou dit seker iets soos idols wen ingesluit het want ek dink elkeen van ons het ‘n liggie en ‘n boodskap wat in ons skyn, en dit verg groot deursettingsvermoë om dit deur te voer, en sukses daarvan te maak, en as ek miskien vir jou raad kan gee onthou altyd mense vergeet baie makliker jou goeie dinge as jou slegte dinge.

    geniet die lewe soos ‘n boks tjoklits, want jy weet nooit wat onder die papiertjie vir jou wag nie

  • Essie Els

    Glo my,…ekt al baie kere presies dit wat jy hier kwyt raak as knel punte,…in my lewe toegepas en vandag is ek baie dankbaarder vir wat ek het en nog steeds gaan kry!!..ek moet jou se, jou reels is apsolute die beste! ek is totaal en al gek na jou musiek,..hou so aan Elvis!!

  • Drienie Lambert

    Elvis wil net vir jou se ek bewonder jou vir jou fantastiese nederigheid en ek weet fie Liewe Heer sal jou altyd op jou pad dra en seen.As jy enige iets aanpak wees altyd positief en met die :Heer hand aan hand.Alle sukses vir jou toekoms en weet altyd jyt baie aanhangers en bewonderaars!