img_1359rz
Ons praat met

Die geur van Emo Adams

2010 lyk na Emo Adams se jaar. ‘n Nuwe parfuum, ‘n nuwe klerereeks, ‘n nuwe winkel, ‘n Michael Jackson-vertoning by vanjaar se KKNK en ‘n 5de reeks van Jou Show met Emo. Lou-Ann Stone het met hom gesels

Hoe het die nuwe Emotions-parfuumreeks gebeur?
My meisie, Michelle, was oorspronklik genader vir die projek en vra toe of ek dit saam met haar wil doen, like a David Beckham and Victoria kinda thing. I really liked the idea, so was dit nie vir haar nie, sou ek dit tien teen een nie gedoen het nie.

Wie maak die parfuum vir jou?
Ons doen dit self deur ‘n fragrance company. I think as an artist you have to grow and try new things, nou ons sal seker nie (immediately) skatryk word deur die venture nie, but it gets your name out there. It’s an awesome product and it’s something you can scratch off your to do list. :)

Het jy self die geure gekies?
Ek en Michelle het, ja. Which is so weird, want ons altwee het neusprobleme :)

Is daar regtig net 500 bottels beskikbaar?
Ja, dis ‘n limited edition, maar die rede hoekom ons dit so doen, want ons is die eerste wat dit as ‘n twinpack (his & hers) uitbring. En dis ook hoekom ons besluit het dat die beste tyd om ‘n his & hers te celebrate is Valentines Day. So, ons launch dit dan en as jy wil, kan jy pre-order by 083 447 8872 net om seker te maak jy kry joune.

Vertel meer van die nuwe klerereeks?
Dis hip, dis cool, dis sexy, dis vir enige ouderdom. Alles te danke aan Die Burger wat gesê het ons like jou, ons like jou ideas en ons gaan jou help.

Is dit vir meisies en ouens?
Of course, I’m a people’s person, so I have to make clothes for the people.

Het jy die ontwerpe gedoen (of wie’t jou gehelp)?

Jou Triller Show!
Emo as Michael Jackson?

Ja, by vanjaar se KKNK is Emo Adams daar met ‘n Michael Jackson-vertoning: Jou Triller Show! Dis sy eerste volwaardige solo-produksie by die KKNK.

Ek sal love om dinge alleen te doen, maar die reality is jy kan nie, so ek het ‘n amazing team wat saam met my gewerk het om seker te maak ek kry die beste produk. So die ideas was myne, maar mense soos Karmien Kruth (designer) en Amanda Goosen het seker gemaak dit word ‘n reality.

Wanneer begin julle skiet aan die nuwe Jou Show-reeks?
Ons is al klaar besig met seisoen 4 en daar is ook ‘n vyfde een, maar die show doen goed, die ratings klim elke week en ek is bly die mense ondersteun dit. It’s an overwhelming blessing! Ons is weer op die kassie April 2010.

‘n Nuwe winkel?
Hahahaha! Ja, die eMo store maak 1 Maart 2010 oop. Ek is baie excited daaroor en dis ‘n baie relaxed feel, mense sal kan inkom en koffie kom drink saam met my. Mense sal ook kans kry om te sê vir wie hulle graag wil meet en ek sal daai persoon inkry vir ‘n in house performance en meet and greet. En of course sal hulle produkte daar wees.

En waar is dit?
198 Buitengracht, Kaapstad.

Het jy al kaartjies vir die World Cup?
Ek moet eerlik wees ek is nie eintlik n sokker-ou nie, maar daar is no way dat ek ‘n game gaan mis, ek gaan at least een game vang.

Sluit aan by Emo Adams se Facebook-groep

Valentynsdag saam met Emo & Vriende

Emo se klerereeks-logo


  • http://qdmncvngfuqk.com/ czqkti

    VFskJY aanifhmkesos, [url=http://bxpezvmxryxg.com/]bxpezvmxryxg[/url], [link=http://xcdswbxytrnw.com/]xcdswbxytrnw[/link], http://kaouwkpnmxur.com/