Baptism Of The Princely Children At The Monaco Cathedral
Ons praat met

SA ontwerper Errol Arendz maak Nerine Pienaar se Monaco-rok

Op 10 Mei vanjaar het Nerina Pienaar, vrou van die voormalige Springbok-rugbykaptein Francois Pienaar, elegant gelyk in haar wit-en-rooi katoen skepping deur een van Suid-Afrika se liefling-ontwerpers, Errol Arendz. 

FOTO:" Getty Images/Gallo Images

FOTO:” Getty Images/Gallo Images

“Ons het al ’n jare lange verbintenis en is ook bure. Soggens as sy gaan draf, sien ek haar,” vertel Errol aan SARIE-joernalis Marguerite van Wyk.

Toe Nerine hom vertel sy het ’n uitrusting nodig vir die doop van die koninklike tweeling in Monaco (sy is die peetma van Gabriella, die prinses), het hy dadelik gesê: “Ek het die ideale lap.” Hy het gereken rooi-en-wit pas by Monaco se nasionale vlag en skep ook die regte indruk vir ’n oggendgeleentheid.

Nerine en prinses Charlene is sedert 2007 goeie vriende.

“Ek het ook haar hoed vir die geleentheid gedress met subtiele kleure in die rok. Almal kan sien dit is ’n couture garment,” vertel Errol. Om dit af te rond het sy Jimmy Choo-skoene met skerp punte gedra. “Dit verleng die been. Sy is altyd so dankbaar oor alles en vertel vir my ná die tyd watter komplimente my uitrustings gekry het.”

“Nerine het ’n fantastiese figuur om mee te werk. Haar smaak is veelsydig. Enigiets van funky en modern vir onder meer die Grand Prix-motorwedren in Monaco, tot elegant vir die aand of klassiek vir die kerk. Sy is nie vervelig nie!”

Lees nou