sr1004lewedinge_59
Ons praat met

Fanie Cronjé gesels met Glitterati se Giliam Winckler

Lank voor jou broer Heinz sanger wou wees, wou jy akteur wees, nie waar nie?
Ja, vandat ek 10 jaar oud is. Ek het op skool toneel as vak geneem en ná matriek drama aan die US studeer.

En toe kry jy die rol in ‘n Franz Marx-reeks?
Ja, ek was Luke in The Rez.

Wanneer was dit?
2002.

Ek onthou die afwagting vir daardie reeks en toe is dit ‘n groot teleurstelling?
Mense kyk nie TV op ‘n Saterdagaand nie.

Jy sal verbaas wees.
Ek weet nie. Dit was ‘n lekker reeks om te maak. Ironies genoeg het een van die beste rolle wat ek nog gespeel het, opgeduik toe The Rez 2 nie gebeur nie. Dit was as Saul Barnard in Kringe in ‘n bos. Dit was vir Kunstekaap in 2004. Om Saul te speel is soos om Hamlet te vertolk.

Is Saul Barnard die Afrikaanse Hamlet?
Saul het ook verskillende lae van pyn in sy persoonlikheid. Soos wat die karakter ontwikkel, word elke laag afgebreek. Hy kry baie seer en sonder die pyn is hy niks nie. Dit maak hom wie hy is.

Kry jy ook baie seer?
Kom ek stel dit so: Ek het my deel daarvan gehad.

Wat maak jou gelukkig?
‘n Lekker vry – moet dit nie sê nie! En ‘n lekker braai onder my gazebo. Jis, ek hou van hom. Pêlle maak my gelukkig. ‘n Rum en Coke, ‘n boek in ‘n hammock op Bettysbaai . . .

Hoe lyk jou gazebo?
Dis ‘n groen seil met houtpale, met stoele van hout en plastiek.

Kry vir jou ‘n vrou wat na jou kan kyk en jou versorg.
Hoekom?

Dit sal jou goed doen, man.

  • http://ufcjvjcbjsjd.com/ eiavditju

    pwscMH vbhxquocodbi, [url=http://rabfeztpnhxp.com/]rabfeztpnhxp[/url], [link=http://lethycppkwia.com/]lethycppkwia[/link], http://ixdhuyorwyhu.com/

  • hpuyene

    empkgk yatthjrpscum, [url=http://qgpakwcbmign.com/]qgpakwcbmign[/url], [link=http://isiqcibowqaf.com/]isiqcibowqaf[/link], http://rzeooqymtmfh.com/