Ons praat met

Fanie gesels met Karlien van Jaarsveld

Dié 25-jarige sangeres Karlien van Jaarsveld van Pretoria maak later vanjaar haar verskyning in Sean Else se fliek Platteland. Nogal as Steve Hofmeyr se dogter.

Wou jy nog altyd ‘n sanger word?
Nee, ek wou drama studeer. Toe sê my pa nee en ek swot bemarking. Maar ná ses maande sê hy ek mors my tyd, want ek is nooit in die klas nie! Toe besluit ek op musiek.

Wat kies jy – musiek of drama?
Ek sou graag wou toneel speel. Maar nou dat ek musiek maak, love ek dit.

En jy speel toneel, in die fliek.
Ja, ek weet. Die Here ken my so goed. Hy weet wat ek wil doen. Dit is regtig ‘n blessing.

Maar jy is al klaar geseënd met ‘n mooi gesig!
Ag, dankie, dis vrek nice dat jy dit sê. Ek is baie ge-bless. Maar my broer kry die meeste. Ek dink die Here is bang ek voel agtergelaat. Nou bless Hy my ook met baie goed.

Wat dink jy gaan die beste fliek wees, Liefling of Platteland?

Dis flippen snaaks. Ek hou baie van Liefling. Dit was ‘n baie goeie fliek wat baie goed gevaar het. Maar ek hoop dat ons hulle kan verbysteek. Ons beweeg nou in die regte rigting met die flieks in ons land.

Was jou broer se troue mooi?
Dit was soos om na ‘n kinderstorie te kyk, soos Aspoestertjie. Die enigste verskil is, daar was niks leliks nie. Jy weet, daar is mos altyd iets leliks in kinderstories. Hy was ‘n prins en sy ‘n prinses.

  • louret burger

    wie is die oudste jy of bobby

  • JEANRI

    hi karlien van jaarsveld ek is n groot fan van jou ek het ook n taak oor jou gedoen vir my juffrou ……… EK was al by jou konsert by die hoorskool in parys by die domefees ek hou baie van jou en jou musiek ………..

    XXXXXXXXXXX

    VAN JEANRI BESTER

  • Nika Swart

    Hello Karlie ek love jou musiek my beste lietjie van jou is Sweet Breams Babby my ma hou baie van jou broer se musiek liefde Nika Swart xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx

  • jame

    hello karlien. Ons moet n taak inhandig vir een van ons juffrou en ek het gekies om jou te vat ek like jou musiek kwaai. Ek het net n paar vraagies vir jou……………….. Het jy studeer? indien wel,waar en wat? Waaraan werk jy huidelik? xoxo Jame

  • Theresa Smith

    Ek hou baie van jou musiek. Van Theresa Smith

  • Merike van der Ryst

    Hi karlien ek is Merike ek LOVE jou mesiek en ek was by jou konsert in Memel en ek en my bff het voor gesit en saam gesing .Jy is my insperasie !!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • lieze

    hey Karlien ek moet n biografie oor jou doen maar ek kry niks inligting oor jou kleintyd nie kan jy asb vir my stuur dankie xx.PS ek love ses snare en sweet dreams

  • Jessica Roets

    Helo Karlien ek is n baie GROOT fan van jou.Jou musiek is amazing en jou stem is so beatiful en was by die konsert gewees ,Afrikaans is Groot en ek het dit baie genuut .Ek hoor jy en Derik gaan trou baie geluk en ek hoop vir die beste xxxxxxxxxxXxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx liefde jessica (Ps…ek love jou liekie *Beter as liefde nie*en ek kan nie wag vir volgende jaar se afrikaans is groot nie…

  • jessica

    Geluk met jou verjaarsdag karlien hoop jy kry sommer baie presente!!! Xxx