sr1206lewedinge06
Ons praat met

Fanie gesels met MasterChef-beoordelaar, Pete Goffe-Wood

Hoekom is die beste restaurante kwansuis altyd in die Kaap?
Ek dink daar is meer kreatiewe restaurante in die Kaap. Johannesburg het ook goeies, maar dis meer konserwatief. Dit weerspieël Johannesburg met sy myne en geld, terwyl die Kaap meer kreatief is met
sy mooi argitektuur.

Wel, ek dink ons het fantastiese plekke hier.
Daar is. Ons moet ook onthou jul kultuur is anders. Johannesburgers is geneig om eerder na ’n plek toe te gaan wat in hul woonbuurt, naby hul huis, is. In die Kaap sal mense maklik uitry en meer moeite doen om by ’n plek te gaan eet.

Wanneer het jy jou oorbel gekry?
Toe ek so 15 was.

Is jy ’n rebel?
Ek neem so aan.

Het jy al ’n gal-aanval gekry van al die kos wat julle op MasterChef proe?
Nee. Dis die ding van professioneel beoordeel. Ons proe net, ons eet nie ’n vol bord kos nie.

MasterChef maak my ontsettend emosioneel.
Dit ís emosioneel, dis mense se drome waarmee ons werk.

Oe, en dis seer as iemand se droom verbrokkel.
Dit is. Ons bou ’n verhouding met die deelnemers. Die wenner wen nie net geld en pryse nie, maar ook die titel van die eerste MasterChef SA.

Jy’s ook nou in SARIE KOS*. Ken jy die tydskrif?
Ek is ’n groot aanhanger van SARIE KOS. Ek koop dit altyd.

Het jy al daaruit gekook?
Ek het nog nie, maar ek kry baie inspirasie daaruit.

*Lees die artikel oor Pete in SARIE KOS Junie/Julie 2012 vanaf 30 Mei op die rakke.