Ons praat met

Fanie gesels met The Parlotones – hulle deel ‘n verhoog met Kelly Clarkson

Niel Pouw, die groep se tromspeler, beantwoord my vrae.

Hoe gaan dit met Kelly?
Ons het haar nog nie ontmoet nie, sy kom eers môre. Jy kan my môre bel dan sal ek jou vertel.

Sing julle saam met haar, want seer sekerlik is julle nie haar opening act nie.
Nee, ons is deel van die konsert. Ons speel terwyl die voertuig op die verhoog laat sak word.

Wat?
Daar word vyf voertuie op die verhoog ten toon gestel. Twee sak uit die dak uit terwyl ons optree.

Hoekom?
Hulle stel die nuwe Volkswagen bekend. Ons deel die verhoog met Kelly en Westlife.

En julle gaan die openingskonsert van die Wêreldbeker-sokker doen!
Ons is baie geseënd. Dis ʼn goose flesh oomblik. Dit voel nie werklik nie. Dit is van die grootse gebeurtenisse in ons geskiedenis.

En dit saam met Alicia Keys, Black Eyed Peas en Shakira, om net ʼn paar te noem. Dis regtig besonders. Eintlik is julle al self internasionaal.
Dankie, ja, ons is baie geseënd.

Ek hou van die SHOUT SA-veldtog.
Dis goed so, ek is bly.

Kahn (Morbee, hoofsanger) is ook ʼn gas-beoordelaar op Idols.
Ja, vir een episode. Ek kan jou sê wat hy sê. Hy sê hy gaan met ʼn oop kop kyk wat gaan aan. Hy sê hy gaan nie nasty wees nie.

Dink jy die show is nog goed?
Ek hou daarvan. Ek kyk die begin. Wanneer die ouens hulle name gat maak. Dit is opwindender as die finaal. Hulle is regtig braaf. As ek Idols moes doen, sou ek ook een van die ouens gewees het vir wie gelag word.

  • jacqui

    AWE di Parlotones is awesome 🙂 julle moet meer foto’s van hule he 🙁