pink
Ons praat met

Fanie se 5 minute met ‘The Pink Handyman’

Wie se plan was dit om van jou ’n nutsman te maak?

Dit was ’n pêl se voorstel. Liezel het die naam uitgedink

Gaan jy en Liezel na baie gesellighede?

Sy gaan, ek gaan nie.

Woon sy elkeen waarheen sy genooi word by?

Byna almal.

Hoekom pienk?

Ons het navorsing gedoen en gesien daar is ’n aanvraag.

Hoeveel dae van die week is jou dagboek volbespreek?

Gemiddeld ses.

Dis baie. Is daar so min mans wat ’n gloeilamp kan omruil?

Ja, jy sal verbaas wees hoe baie.

So jy doen alles van ’n motor se enjin tot ’n driepunt-kragprop?

Nee, ’n motor se enjin is meganies. My werk is huishoudelik.

Watter huishoudelike taak is jou gunsteling?

Elektrisiteit. Ek is ’n gekwalifiseerde elektrisiën en dit was my werk in Johannesburg voordat ek en
Liezel Kaap toe getrek het. Dis baie interessanter as om te verf. Verfwerk is baie vervelig.

Om ’n muur in my eie huis te verf sal allesbehalwe vervelig wees – dit sal ’n chaos wees.

Wel, dis hoekom ek daar is.

Wat vra jy per muur?

My uitroeptarief is R250. Daarna kos dit R250 per uur. Verfwerk kos R45 per vierkante meter.

Is dit goedkoop of duur?

Dit is goedkoper as my mededingers.

Dan dra jy ’n pienk oorpak?

’n Pienk vest wat sê Pink Handyman.

Hoekom ’n vest en nie ’n oorpak nie? Dis tog wat werksmense dra.

Ek weet nie. Seker omdat dit vel wys en dit verkoop.