sr1012sonja_herholdt01
Ons praat met

Sonja Heroldt wys haar foto-album, praat oor haar kinders

2010 was vol opwinding vir Sonja Heroldt. Sy het ’n nuwe CD op die rak en ’n rol in Liefling, die movie. Vir haar is dit ’n Kerstyd van innerlike vrede.

Sonja Herholdt mag nie verander nie. Sy mag nie groei nie. Sy moet die Sonja bly wat in die 70’s en 80’s liedjies soos “Harlekyn” en “Ek verlang na jou” met haar fyn stem en rein dogtertjiebeeld gesing het. Dié gedagtes het soms deur Sonja se kop geflits toe sy tien jaar gelede haar CD, Reconstructing Alice, uitgereik het. Die CD – volgens haar baie soos die Amerikaanse rocksangeres Alanis Morissette se musiek – was die begin van ’n herstelproses wat ’n dekade sou duur. Ná haar egskeiding van die filmbaas FC Hamman het Sonja deur die woorde en melodieë van die liedjies begin om haar stukkende self aanmekaar te las.

Watter waardes het jy jou kinders geleer?
Jy hou jou woord. As jy vir iemand gesê het jy gaan iets doen, moet jy omtrent by die dood omdraai om dit nie na te kom nie. Elkeen van hulle het ’n verhouding met die Here. Ek het hulle geleer dis waar dit begin. Wanneer jy swak is, is jy sterk omdat Hy vir jou die krag gee. My lewe was nie perfek nie, maar as ek aan my kinders dink, voel ek ek’t ’n bydrae gelewer, want ek het hulle grootgemaak om ’n aanwins vir die samelewing te wees. Dit laat my voel my lewe was die moeite werd.

Aard enige van jou kinders na jou?
Elkeen van hulle is verskillend. Claudia (28), my oudste, is ’n sonnige kind, spontaan. Ek is eerder ’n introvert. Sy is eerlik en konfronteer probleme dadelik. As grimeerkunstenaar het sy op die stel van die TV-reekse Dit wat stom is en Erfsondes gewerk. Sy gaan nou vir ’n jaar in Singapoer as grimeerkunstenaar vir die musiekblyspel Lion King werk.
Simeon (25) sing. Dis sy passie. Hy is ernstig en baie verantwoordelik, meer van ’n introvert. Hy skryf mooi
liedjies, diep songs.
Jessé (23) is ’n karakter. Sy studeer binnehuise argitektuur. Sy’t ’n moenie-met-my-mors-nie-houding, maar aan die binnekant is sy sag. Jessé het al baie gedigte geskryf. Sy sing beautiful, maar sy wil nie. Sy haat die musiekbedryf.
Omdat Timmy (19) gehoorgestremd is, is hy visueel sterk. Hy’s goed in kuns en wil graag eendag animasie-werk doen. Hy was nooit in ’n skool vir dowes nie en is ook onder die tien akademiese top-presteerders in gr. 12. Dan doen hy ook akrobatiese toertjies met radiobeheerde vliegtuie. Hy’t binne drie jaar tot Springbok-vlak gevorder.

Ek in my kleintyd by my pa, Frikkie Herholdt.
Ek en my kinders op die verhoog tydens ’n gesinskonsert in die vroeë 90’s.
Saam met lede van die vervaardigersmaatskappy
On-Que tydens die maak van my video “Soen my
vandag”.
My kinders, Simeon (links), Claudia, Jessé (regs agter) en Timmy (voor) met sy 19de verjaardag.
Ek besoek Skipskop in die Wes-Kaap. Dis die plek
waaroor David Kramer so mooi geskryf het.
Saam met my broer Wayne Swaffield.

In jou Desember-uitgawe van SARIE praat Sonja oor Botox en hip wees. 

  • http://svgjlyvfpzwl.com/ vlhcme

    o2MuSf sngrawqrsswp, [url=http://iyjinfcpmryi.com/]iyjinfcpmryi[/url], [link=http://mwhqwrjvaiop.com/]mwhqwrjvaiop[/link], http://udfopdtnrwwc.com/