Ons praat met

VIDEO: Getroud met rugby-akteur gesels

Altus, wat deesdae ook ‘n sanger is, se debuutalbum, So verlief, is onlangs bekend gestel. Hy’s ook begin vanjaar getroud en het saam met sy aktrise-vrou, Zetske van Pletzen, op die Maart 2012-uitgawe van SARIE verskyn.

sarie.com het onlangs saamgekuier op stel waar die nuwe seisoen tans verfilm word. Daar’s ‘n hele rits nuwe bekendes wat ook in die 4de reeks gaan speel. Klik hier om te sien wie die akteurs is.

Die storie tot dusver
Kiki (Hanna Grobler) en Fafa (Altus Theart) is nog vervreem van mekaar. Regardt (Izak Davel), wie se storielyn in die rolprent Getroud met rugby – die onvertelde storie begin, is terug uit die Kaap en deel van die Stryders-span. Schalk (Johan Scholtz) sukkel nog om sy vrou se dood te verwerk en sy dogter Mieke (Leandie du Randt) bewys dat sy kan kers vashou by die pompon-meisies. Hulle beplan om die Stryders se inspirasie te wees.

Soos die Stryders baie hard werk om weer bo in die liga te wees, is daar natuurlik weer ʼn gekonkel agter die skerms. Anke (Sandra Vaughn) word spanbestuurder wanneer Jimmy verdwyn, ons vind uit Brendan (Marlon Roelfze) het ʼn donker geheim en Botha (André Odendaal) en Cornia (Michele Botha) is steeds agter hulle “marshmallows” aan en het nou ook ʼn baba om mee te “wheel and deal”. Wie weet wat hierdie woonwapark-familie deur die loop van 13 episodes gaan aanvang …

  • Zandria

    Wanneer begin die nuwe seisoen van getroud met rugby???