verloofshoot_rensche07
Ons praat met

FOTO’S: Tanya van Graan is verloof!

Die aktrise en model Tanya van Graan is verloof. En sy praat oor Orlando Bloom.

Die voormalige FHM se sexyste vrou was verlede jaar op pad na haar 29ste verjaarsdagpartytjie toe hy op sy knieë afsak en haar vra om te trou. Sý is een van Suid-Afrika se mooiste aktrises, Tanya van Graan. Hý is die Deense sakeman, Kasper Kristoffersen.

Dié twee het einde 2011 per toeval ontmoet terwyl sy ’n fliek in Johannesburg geskiet het en hy in Suid-Afrika vakansie gehou het.

Kasper, wat vir 15 jaar in Duitsland gewoon het, het in 2012 sy besigheid Kaap toe gebring – dieselfde jaar toe Tanya besluit het om die Moederstad haar tuiste te maak. En toe het dinge tussen hulle begin ernstig raak.

Die Snitch-aktrise het middel verlede jaar ’n paar dae in Denemarke saam met Kasper spandeer, maar dit was toe sy ouers verlede jaar in Suid-Afrika vakansie gehou het, dat Kasper besluit het om haar te vra om te trou.

Hul verlowingsfoto’s is by die polo-veld by Val de Vie in die Paarl geneem omdat Kasper self polo speel. Die foto’s is nog meer spesiaal omdat Tanya se kamermaat van hoërskool, Rensche Mari, die fotograaf was. Sien al die foto’s hier.

Tanya en Kasper

Tanya het verlede jaar ’n internasionale fliek geskiet en teenoor die Britse akteur Orlando Bloom gespeel. Die film, Zulu, handel oor twee polisiemanne (Forest Whitaker en Bloom) wat misdaad in Suid-Afrika en elders in Afrika beveg. Tanya speel Bloom se meisie in die film.

Oor kommunikasie en oor Kasper

“Deens is die moeilikste taal! Ek verstaan niks nie! Maar Kasper verstaan bietjie Afrikaans. Ons kommunikeer eintlik maar in Engels.

Maar omdat ek in Engels studeer het en in Engels werk, dink en droom ek ook in Engels. Dit pla my glad nie.”

Tanya en Kasper

Oor Kasper

“Om een eienskap van hom uit te lig is baie moeilik. Hy bring die absoluut beste in my uit. Niks in ons verhouding is geforseer nie en ons het mekaar effortlessly lief. Ons praat dieselfde liefdestaal.”

Tanya en Kasper

Oor die troue

“Ek is nie een van daai meisies wat al die hele troue beplan het en die man moet net inval nie. Dit is nou ’n groot avontuur vir ons om te beplan. Ek het ’n troubeplanner aangestel om my te help.

Ons wil ’n klein troue hê en kyk na Oktober of November dié jaar. Ons wil baie graag in die Kaap trou omdat dit die plek is waar ons verlief geraak het.”

Tanya en Kasper

Oor Zulu en Orlando

“Ek het ’n klein rol teenoor Orlando. In die tonele is dit net ek en hy wat teenoor mekaar speel. Hy is ’n gemaklike mens en baie plat op die aarde. Ons het baie tyd saam spandeer en hy gesels lekker.

Die (fliek)proses self was vir my interessant en ek het baie geleer. Ek het ook gesien dat selfs groot sterre onsekerhede het en hulle ook moet cope met die druk wat op hulle is.”

  • Marie Coetzee

    Baie geluk Tanya! Jy is ‘n pragtige vrou & jy verdien al die geluk in die wêreld…. Julle 2 pas perfek bymekaar!

  • Suzanne

    Shoe, dit lyk soos Will en Kate! Baie royal.

  • Bianca

    Ek stem, SA se eie William en Kate!

  • Debbie Pretorius

    Sjoe maar dit is net so ‘n mooie man. En hy is langer as Tanya wat vir ‘n model beslis ‘n plus punt is. Hulle lyk soos ons eie Royals. Sien uit na die troufoto’s!