Chad en sy pa, Bert FOTO Dean Lauréntz

Ons praat met

FOTO’S: Chad en sy pa gesels

Toe Chad le Clos (21) sy rolmodel, Michael Phelps, verlede jaar by die Olimpiese Spele geklop het, wou pa Bert (55) bars van trots. Hul verhouding getuig van wedersydse respek en liefde vir mekaar.

CHAD

Watter eienskap van jou pa bewonder jy?
Sy spontane, ekstroverte persoonlikheid.

Wat is die belangrikste ding wat jy by jou pa geleer het?
Moenie jou oor ander mense bekommer nie, bekommer jou net oor jou eie prestasies.

Watse soort pa is hy?
Hy is die koel pa!

Beskryf hom in vyf woorde …
Sterk, luidrugtig, innemend, doen enigiets vir sy kinders.

En die grootste verskil tussen julle twee?
Ek is ’n groter introvert.

BERT

Wat was jou kosbaarste oomblik as pa?
Toe Chad goud by die Olimpiese Spele gewen het. Party ouers sal dalk jok en sê dit was hul kind se geboorte, maar as jou kind goud wen by die Olimpiese Spele … Ek is seker hulle sal saamstem.

Wat is die een eienskap van Chad wat jy graag sal wil hê?
Sy vasberadenheid. En sy looks, natuurlik!

Wat doen hy wat jou laat lag?
Die snaaksste is wanneer hy mense se aksente na-aap.

Wat was jou grootste verleentheid tot dusver as pa?
Toe Chad nog in die laerskool was en ek in die wedloop vir pa’s gehardloop het. Ek het gestruikel en op my vet maag geval!

En wat moes hy eerder nie by jou geërf het nie?
Ons albei eet heeltemal te veel!

Lees hier wat sê Chad oor sy ma

Chad en Bert le ClosChad en Bert le ClosChad en Bert le ClosChad en Bert le Clos