Ons praat met

Foto’s: Chereé en baba Taylor-Hope

Chereé deel haar hoop, vrese en lewenslesse in die Mei-uitgawe 2011 van SARIE.

Ek hoop:

… vir nog ’n kind. Ek het my swangerskap baie geniet, en ek en my man, Wynand, kan nie wag om vir Taylor-Hope, wat in Januarie gebore is, ’n speelmaat te gee nie.

… om in Nashville te gaan kuier. Ek wil sien hoe lyk ’n regte cowboy. Ek dink Wynand, wat ook sing, sal sexy lyk met cowboy-boots en ’n Stetson-hoed!

… om eendag daardie SAMA-toekenning vir Beste Countrysanger te wen! En dat die woorde van my liedjies oor 50 jaar nog sin maak.

… om meer kitaar te speel. Ons het ook ’n ateljee by ons huis op Langebaan aan die Weskus gebou en ek sal graag nog self my eie album wil vervaardig.

… en droom om oorsee te sing . . . soos op die verhoog van die Grand Ole Opry. Of om dalk my naam saam met kunstenaars soos Keith Urban en Martina McBride te sien! Maar 2010 was reeds ’n droom – ek het by die SAMA’s opgetree saam met Carike Keuzenkamp en by Skouspel saam met van die grootste kunstenaars . . . ek sal die herinneringe altyd koester.

… dat die WP (mý span) weer die Curriebeker sal
wen. Dit sal my Blou Bul-liefie só kwaad maak.

  • michelle van niekerk

    Wat n gorgeous klein dingetjie! Jul is baie geseend. Dank die Here vir so n bondertjie perfeksie. Julle is pragtige mense. Hou so aan mwha

  • Annette

    Dis altyd so lekker om deel van hier 2 nou 3 mense se lewens te wees. Hulle is so opreg, spontaan en plat op die aarde maar tog sing hulle die wereld aan die brand. Ons wil nog baie van hulle hoor en sien.

  • yvonne

    ag te dierbaar en pragtig Cheree en wynand mag sy vir julle baie liefde en vreugde bring !

  • Suzette Compion

    Cheree en Wynand Sy is pragtig. Geniet elke oomblik van haar kleinwees, want hulle groei vinnig en voor jul oe uitvee is sy ‘n volwassene. Mag jul haar ook lei na ons Groot Kinder Vriend.
    Seengroete

  • Lene Conradie

    Uitstekende foto’s van julle. Geniet haar en mag jou drome almal waar word. Geniet jul week en ook hierdie Paasnaweek.

  • Ernestine

    Taylor-Hope het vir haar die beste ouers gekies! Sy is die pragtigste ou dingetjie en haar ouers deel haar grootword en foto’s met hul aanhangers! Ek het die artikel gelees, julle is ook maar net gewone mense wat dieselfde voor- en teenspoed kry soos die res van ons! Maak baba groot vir Jesus, Hy het haar vir jul geleen. Chereé, jy en Wynand sing pragtig saam – hoendervleismooi! GBU**

  • Theresa

    Pragtige mamma en baba!..xx

  • Maresa

    Sy is pragtig!! Geniet haar! Julle is 2 wonderlike mense en glo die klein genadegawetjie sal vir julle net soveel vreugde bring as wat julle in ander se lewens bring!! Julle musiek is great!!

  • Christa

    Taylar-Hope is te pragtig. Mag sy vir julle baie geluk en vreugde bring in haar lewensjaartjies saam met julle.

  • Annelize Gerber

    Dit is absoluut pragtig. Cheree jy is reg. Sy is voorwaar ‘n engeltjie. Geniet haar. Elke oomblik.

  • Morne

    Cheree en Wynand… Dis een van GOD se wonderwerke en een van SY geskenke aan ons as mens en julle dogter is n pragtige babatjie wat vir julle soveel geluk gaan bring en sy gaan vir julle nog so trots maak. cheree, jy gaan jou dogter se rol model wees want die HERE het jou met n ongelooflike stem geseen.

  • Mariana Kroese

    Julle is pragtige talentvolle mense, met ‘n klein wonderwerkie aan julle toevertrou. Moet nooit ophou doen waarvoor julle albei so lief is nie.Luv ya

  • liezel

    Sys pragtig nes haar ma. Glo Pa is baie trots op julle.

  • Anjolien van Tonder

    Cheree en Wynand is een van die min kunstenaars in ons land wat met hul voete plat op die aarde is. Ek is absoluut gek oor hulle en is mal oor Cheree se spontaniteit. T-H is net so beautiful soos haar mamma. Ek wens vir hulle as gesin net die beste toe.

  • Veronica Jacobs

    Julle is twee pragtige mense en so plat op die aarde.T-H is gelukkig met julle as ouers en sy is te pragtig vir woorde.Hoop julle geniet haar want hulle word so gou groot.Julle moet asb aanhou met mooi musiek maak.Lief julle baie.

  • Marie Meiring

    Genade hoekom is Quinne nie gehelp nie,daar is mos maniere,dis nie nodig gewees om haar so te straf nie

  • CJ

    ‘n Pragtige baba vir ‘n pragtige mamma en pappa. Julle lyk na die volmaakte gesin – bly altyd so gelukkig soos julle nou is. Mwa

  • deirdre schonken

    dakie sarie dat jul os plaaslike kunstenaas so na aan ons ou en so baie in hul belangstel dit laat ons hartjies warm klop….cheree u go girl xxx

  • gnwcjul

    HtUpGx jaljlunqaixd, [url=http://zibhtqzjzbjj.com/]zibhtqzjzbjj[/url], [link=http://imehekynqqqc.com/]imehekynqqqc[/link], http://gkfyuteftwar.com/

  • bxhgtawt

    rDmtFd aiwavtuztdbc, [url=http://madxwtvdxljg.com/]madxwtvdxljg[/url], [link=http://oebbjvjvlite.com/]oebbjvjvlite[/link], http://hndpcpzhflnu.com/

  • minzwd

    hM6Wzs tulqftvqyrrs, [url=http://mfdbmpzcbmfm.com/]mfdbmpzcbmfm[/url], [link=http://pazsmufzkbnc.com/]pazsmufzkbnc[/link], http://qbpjfscoqhgl.com/

  • johnathan1967

    Lowrider impala cars, the containers in re buddhist, in connection with engine, in relation with main interest mendacity go around inconsistent lofty animals. http://mivuby.com