Ons praat met

FOTO’S: Elizma Theron se romantiese eiland-wittebrood

Sy wou nog altyd in die Maledive gaan vakansie hou, so toe haar man, Nico Grobbelaar, vra wat sy vir die wittebrood wil doen, was dit haar eerste antwoord. Hulle het die vakansie uitgerek en eers vir vier dae Seychelle toe gegaan.

“Ons gaan gewoonlik na plekke wat baie aktiwiteite bied, maar dié keer wou ons rustig op die strand ontspan en skemerkelkies drink,” sê sy.

Nico bederf haar gereeld en die wittebrood was geen uitsondering nie.

“Hy het my drome bewaarheid – ek het op ‘n strand op een van die eilande in die Maledive gelê en ’n drankie uit ’n kokosneut gedrink,” vertel sy.

En die getroude lewe? Elizma beveel dit hoog aan.

Dit was vir haar lekker om die troue te reël, die groot dag was fantasties en haar wittebrood was vir haar ’n droom wat waar geword het, maar die lekkerste is om getroud te wees.

FOTO 1:
Die pasgetroudes se wittebrood was ’n uitgerekte reis – eers was hulle vir vier dae Seychelle toe voordat hulle vir ’n week Maledive toe was. “Teen die tyd dat ons by die Maledive uitgekom het, was ons reeds afgeskakel,” vertel Elizma.

Die skemerkelkies op die strand was beslis ’n hoogtepunt van die vakansie. “Ons wou rustig wees, in die son lê en skemerkelkies drink,” sê sy.

Elizma en manlief Nico het een dag op hul besoek aan die Seychelle besluit om die sonnige strand vir die diepseewaters te verruil en te kyk of die visse wil byt. Later het hulle aan land gekom met 20 visse aan boord!

Op die vlug terug na Suid-Afrika vanaf die Seychelle. Tussen hul besoeke aan die twee eilandrepublieke was die pasgetroudes vir ’n dag en ’n half weer in Pretoria.

Wanneer die verliefde paartjie nie op ‘n strand in die Maledive gelê het nie, het hulle die spa besoek. Nico het ook voor hul vertrek daarheen al die snorkeltoerusting wat Elizma sou nodig kry, gekoop. Toe kon hulle heerlik in die blou water van die Maledive snorkel.

Sy wou nog altyd ’n drankie uit ’n kokosneut op ‘n strand in die Maledive drink. “Nico het my drome laat waar word,” vertel Elizma oor dié ervaring.

Die laaste aand voor hulle na Suid-Afrika teruggekeer het. Elizma sê sy ly nie aan die sogenaamde wedding blues nie. Sy is mal oor die getroude lewe en het die meeste uitgesien daarna om die alledaagse aspekte van haar lewe met Nico te deel. “Dis vir my lekker om te weet hy is nou my man – hy gaan altyd daar wees vir my en ek vir hom,” sê sy.

  • Marlize

    Baie baie geluk met jul Elizma!
    En die fotos is baie mooi, lyk of julle dit geniet het!

    Groete

    Marlize Kruger

  • Surina

    Baie geluk. Jy lyk stralend gelukkig!

  • Poppie Janse van Rensburg

    Baie mooi foto’s en jul lyk so verlief en gelukkig saam.Mag jul huweliksbootjie altyd op veilige waters vaar met God as jul Leids-en Stuurman!

  • Anna-Marie Grobbelaar

    Julle lyk pragtig saam en mag julle lewe voorentoe net bbaie gelukkig wees!!! Onthou elke oomblik wat spesiaal was!!!

  • Magda Wolmarans

    Elizma baie geluk met jou huwelik! Julle lyk baie gelukkig.

  • Zelda Hanekom

    En die mooiste van alles is….daardie glimlagte op hul gesigte !!!

    Ons is so bly dat hulle albei hul pot se deksel gevind het … baie geluk !!!

  • Kobie Kotze

    Dis wonderlik om twee pragtige mense so te sien ontspan. Mens kan sien julle geniet mekaar en is baie lief vir mekaar. Baie geluk mag daai geluk tot aan die einde van jul lewens duur.

  • Eureka

    Some girls have all the luck!!! Just hope it last?

  • Willa Schäfer

    Baie geluk julle twee! Elizma, ek kan sien jy is baie gelukkig en jy verdien dit!! Solank julle vir Jesus as Leidsman het sal jul bootjie nooit sink nie, Julle twee is ‘n pragtige paartjie!