Ons praat met

Foto’s: Karen Zoid vier 10 jaar op die verhoog!

Hoe voel jy as jy besef dis ’n dekade sedert Poles Apart, jou eerste CD, die lig gesien het?
Blessed.

Wat was die grootste uitdagings langs die pad?
Radiostasies wat minder Afrikaans speel, die SAUK wat nie musiekvideo’s uitsaai nie en die verspreiding van CD’s na winkelgroepe is van tyd tot tyd ‘n kopseer vir alle Suid-Afrikaanse musikante.

Ons bedryf het meer bemarkers, vervaardigers, bestuurders, beskermers en entrepreneurs nodig.

Met beter infrastruktuur glo ek sal SA se kunstebedryf ongelooflike hoogtes bereik. Die musiekbedryf is gelukkig (vir my!) die sterkste van al die kreatiewe bedrywe in SA op die oomblik.

Wat was die lekkerste optrede wat jy nog gedoen het?
Verlede jaar het ek saam met ‘n 1 000 seuns by Grey-Kollege se musiekfees in die Sand du Plessis-teater in Bloemfontein gesing. Dit het unreal gevoel op die verhoog. Ek kry hoendervleis as ek daaraan dink.

Wat is die beste venue waar jy al opgetree het?
•    Union Chapel Islington in Londen was die mooiste.
•    Oppikoppi is my gunsteling-musiekfees.
•    Die STRAB-musiekfees in Mosambiek het die beste location.
•    Café Barcelona is my special pub, want hulle het my deur dik en dun ondersteun, veral in die poverty-stricken eerste jare.

Wat is die grootste lesse wat jy oor die laaste tien jaar geleer het?
1. Jy is net so goed soos jou laaste gig.
2. Slaap liewer oor as jy laat in die aand ver moet ry. Ek het baie vriende die afgelope tien jaar aan die dood afgestaan op Suid-Afrika se paaie nadat hulle in die nag lang afstande probeer bestuur het ná shows.
3. Moenie vulstasie-pies eet nie. Ek het twee keer voedselvergiftiging gehad!
4. Goeie instrumente help jou om beter te kan speel en inspireer jou om te skryf.
5. Behandel jou gehoor met respek, maak nie saak wat nie.
6. Baie water, goeie slaap en gesonde kos is ‘n MOET op ‘n toer.
7. ‘n Mens vlieg nie in jou sweetpak nie
8. Een shot brandy, 1 shot suurlemoensap en ‘n eetlepel gemmer breek koors lank genoeg om ‘n show te kan doen.
9. Afrika is nie vir sissies nie.
10. Ek is nie ‘n sissie nie.

Hoe het jou perspektief op die lewe verander ná 10 jaar in die bedryf?
•  Ek leen my ore minder uit aan ander.
•  Ek is minder oortuig van baie dinge as toe.
•  Ek is meer dankbaar vir dit wat ek het as tevore.

Is die Karen wat Poles Apart geskryf het, dieselfde Karen wat op die Afrikaners is plesierig-toer gaan?
Ja, wel, die Karen wat Poles Apart geskryf het, het stywer tieties gehad as die een wat nou gaan toer.

Waarna sien jy uit in die toekoms?
Om eendag saam met my seun iets musikaals te kan doen.

Sal jy ooit ophou musiek maak?
Ek het ‘n love affair met kitare. Dis die enigste ding waarmee ek alleen kan sit en tyd bestee op my eie. Ek kan nie eers lekker bid as ek nie my kitaar in die hand het nie.

Gaan ons jou in die toekoms meer in teaterstukke en flieks sien?
Die fliek Susanna van Biljon was ‘n awesome evaring. Vanjaar is ek saam met Shaleen Surtie-Richards, Diaan Lawrenson en Marion Holm in die improvisasie-komedie Bloemers & Roemers 2. Ons het reeds opgetree by die KKNK en die Vryfees in Bloemfontein, en ons volgende stoppe is by Aardklop op Potchefstroom en die Cultivariafees in die Paarl.

[box:full:grey:both]

Afrikaners is plesierig-toerprogram

22 & 23 Julie 2011 – Fugard-teater, Kaapstad

14 Augustus 2011 – Botaniese Tuin, Pretoria

21 Augustus 2011 – Walter Sisulu Gardens, Roodepoort

3 September 2011 – Menlyn Barnyard, Pretoria

9 September 2011 – Flamingos, Langebaan

17 September 2011 – SuperSport Park, Centurion

23 September 2011 – Klein Libertas Teater, Stellenbosch

7 Oktober 2011 – Aardklop, Potchefstroom

Besprekings: www.computicket.com

Nog inligting: www.karenzoid.co.za

[/box]

Kyk hier na Karen se video-blog


[box:full:grey:both]

KYK IN DIE GALERY NA AL KAREN SE GUNSTELING-FOTO’S VAN DIE LAASTE TIEN JAAR:

[/box]


  • Rika Vermeulen

    Fabulous, Karen.Jou kop is op die regte , mooiste plek. Bravo!

  • Martinus Bergsma

    Ek volg jou al 10jaar lang en jy word net beter! Soos ‘n lekker brandewyn, netjies gaan so aan! Grtjs